Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kiesers in Rusland met geld gelok

Russe met kinders het Woensdag, op die laaste dag van ’n referendum wat pres. Wladimir Poetin in staat kan stel om tot in 2036 aan die bewind te bly, kontantbetalings van die regering gekry.

Volgens peilings deur die regering steun twee derdes van dié wat gestem het die grondwetlike veranderinge wat nodig is om Poetin aan die bewind te hou.

Kiesers is met prystrekkings gelok waardeur hulle woonstelle kan wen. ’n Advertensieveldtog wat ander wysigings tot voordeel van die bevolking uitgelig het, het hulle ook aangemoedig om aan die referendum deel te neem.

Een van die wysigings waarborg inflasieverwante pensioene, terwyl ’n ander verklaar dat ’n huwelik net tussen ’n man en ’n vrou sal bly.

Eenmalige betalings van ’n bedrag gelykstaande met sowat R2 430 is op bevel van Poetin aan diegene met kinders gedoen soos wat mense op die laaste dag van die sewe dae lange referendum na stembusse is om hul stem uit te bring. Die referendum is oor ’n week gehou in ’n poging om die verspreiding van die Covid-19-virus te probeer beperk.

Pres. Wladimir Poetin van Rusland toon sy paspoort aan ’n lid van die verkiesingskommissie nadat hy gister in Moskou by ’n stemburo opgedaag het om aan ’n referendum deel te neem wat hom tot 2036 aan die bewind kan hou. Foto: AP

“Ek het gestem ten gunste van die aanpassings aan die grondwet,” sê Mikhail Wolkof, ’n inwoner van Moskou.

“Ons het radikale veranderinge nodig en ek is ten gunste daarvan.”

Ander het met minder geesdrif vir die wysigings gestem.

“As ek eerlik moet wees, het ek nie oor die veranderinge nagelees nie,” sê Lioedmila, ’n ander kieser.

“Wat is die punt daarvan om te stem as hulle reeds vir jou besluit het? Dit is maar so in ons land – lees daaroor en stem. Ek het gestem.”

Poetin (67), ’n oud-KGB-offisier wat Rusland nou al langer as twee dekades as president of premier regeer, het in ’n toespraak Dinsdag geen melding gemaak van hoe die veranderinge sy loopbaan gaan raak nie.

Die wysigings laat hom toe om vir nog twee termyne van ses jaar elk verkiesbaar te wees wanneer sy termyn in 2024 verstryk.

Volgens Poetin moet hy nog oor sy toekoms besluit.

Kritici sê hulle is seker dat hy weer verkiesbaar sal wees, maar sommige ontleders sê hy kan dalk sy opsies oophou om te verhoed dat hy kwesbaar word.

Met 60% van mense wat volgens een meningspeiling tevrede is met hom, bly sy gewildheid hoog, maar is dit baie laer as die byna 90% wat dit op die kruin van sy gewildheid was.

Met Rusland wat duisende nuwe­ Covid-19-gevalle per dag aanmeld, is teenstanders verhoed om betogings oor die referendum-keuses te hou. Hulle het die stemmery wel aanlyn uitgedaag deur foto’s te plaas van stempunte onder woonstelgeboue se trappe, in binnehowe en die kattebak van ’n motor.

Die land se Kommunistiese Party het ondersteuners aangeraai om “nee” te stem vir die veranderinge weens beweerde onreëlmatighede by twee stemlokale in Moskou, waar hy sê die getal geregistreerde kiesers tien keer soveel is as gewoonlik.

Ondersoekers het ook Dinsdag gesê hulle ondersoek ’n joernalis se bewering dat polisiebeamptes hom by ’n stempunt aangerand het.

Poetin sê hy wil ’n “skoon verkiesing­” hê, iets wat kies­beamptes onderneem het om te lewer.

Golos, ’n nieregeringsorganisasie wat verkiesings monitor, sê dit is reeds duidelik dat hy die uitslag van die verkiesing nie geldig kan verklaar nie. – Reuters

Meer oor:  Wladimir Poetin  |  Rusland  |  Verlenging  |  Presidentskap  |  Referendum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.