Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kiesers ‘steun’ Poetin se bewindsplan

Russiese kiesers is blykbaar besig om pres. Wladimir Poetin toestemming te gee om aan die bewind te bly nadat sy huidige, en laaste, termyn oor vier jaar verstryk.

Volgens die staatsagentskap wat peilings behartig, VTsIOM, het 76% van dié wat in ’n volkstemming gestem het, buite stemlokale gesê hulle is ten gunste van grondwetlike veranderinge wat Poetin nog twee termyne sal besorg.

Dit kan beteken dat hy Rusland tot 2036 sal regeer.

Kiesers stem sedert Donderdag ’n week lank oor moontlike grondwetlike veranderinge.

Volgens VTsIOM het 23,6% van kiesers gesê hulle is gekant daarteen.

Die peiling is onder meer as 160 000 kiesers by 800 stemstasies in 25 streke gedoen. Die uitslae stem ooreen met peilings wat VTsIOM voor die volkstemming gedoen het.

Kritici van Poetin sê die hele stemming is korrup en hulle vrees dat die uitslag vals sal wees.– Reuters

Meer oor:  Wladimir Poetin  |  Bewind  |  Presidentskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.