Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kim beoog ontmoeting met Poetin in Rusland

Kim Jong-oen van Noord-Korea sal binnekort na Rusland reis om pres. Wladimir Poetin vir die eerste keer te ontmoet, het die Noord-Koreaanse staatsmedia bevestig.

North Korean leader Kim Jong Un.
Kim Jong-oen. (Kin Cheung, AP, File)

Die Russiese Kremlin sê die twee sal “in die tweede helfte van April” ontmoet, hoewel geen spesifieke datum nog bevestig is nie, berig die BBC.

Die destydse Sowjet-Unie was ’n groot bondgenoot van Noord-Korea en het dié land ook sy aanvanklike kennis van kernkrag gegee. Ná die ineenstorting van die Ystergordyn het die bande verswak, maar dit het sedert die vroeë 2000’s weer ’n bietjie sterker geword.

Alexei Moerawief, medeprofessor aan die Curtin-Universiteit in Perth, Australië, sê Noord-Korea wil ná die mislukte Hanoi-beraad met pres. Donald Trump van Amerika, wys dat hy nie “geïsoleerd is nie”.

“As hulle (Noord-Korea) kan wys dat groot magte hulle nog steun, sal dit hul ekstra onderhandelingsmag gee in hul gesprekke met Amerika en China.”

Pres. Wladimir Poetin van Rusland. Foto: Getty Images

Die ontmoeting tussen Kim en Poetin sal waarskynlik in Wladiwostok naby die grens tussen die twee lande plaasvind. Dis nog nie bekend of Kim weer sy gepantserde trein gaan vat of gaan vlieg nie.

Time Magazine berig dat Rusland geïnteresseerd is om toegang te kry tot Noord-Korea se minerale bronne en veral hul skaars metale. Noord-Korea is weer agter Russiese elektrisiteit aan en wil Russiese beleggings hê om sy vervalle fabrieke, treinnetwerk en ander infrastruktuur te moderniseer.

Kim het ook al die laaste jaar pres. Xi Jinping vier keer ontmoet en soek nou meer ondersteuning in sy pogings om Amerikaanse sanksies te lig, berig france24.com.

Meer oor:  Pres. Wladimir Poetin  |  Kim Jong-Oen  |  Rusland  |  Noord-Korea  |  Politiek  |  Wêreld  |  Ontmoeting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.