Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kim Jong-oen se suster ál hoe magtiger in N-Korea

Suid-Korea se minister van verdediging het Dinsdag gesê Noord-Korea se leier, Kim Jong-oen, se suster, Kim Jo-jong, is waarskynlik nou in beheer van ’n sleutel- politieke eenheid van die regerende Werkersparty (WPK).

Jeong Kjeong-doe het Dinsdag met wetgewers in die land Suid-Korea gepraat en gesê hy dink Kim Jo-jong het nou ’n standvastige greep op die party en die raadgewende departement (OGD) van Noord-Korea se WPK.

Dié liggaam hanteer ideologiese indoktrinasie, partyorganisasie en politieke aanstellings.

Die OGD is volgens kenners verantwoordelik vir toesig oor die geskatte 3 miljoen lede van die WPK om seker te maak dat hulle lojaal is aan Kim Jong-oen en dat hulle die leerstellings van die Noord-Koreaanse regime respekteer.

Indien die verwikkeling waar is, maak dit Kim Jo-jong die tweede magtigste persoon in Noord-Korea.

Die WPK en Noord-Korea kondig nie dikwels leierskapsveranderings in die openbaar aan nie, maar kenners bespiegel dat sy reeds vroeër vanjaar beheer oorgeneem het van dié afdeling van die party gegrond op haar toenemende verantwoordelikhede.

Jeong se opmerkings kom ook te midde van die Suid-Koreaanse nasionale intelligensiediens (NIS) se onthulling verlede week dat Kim Jong-oen besluit het om meer van sy magte aan senior amptenare rondom hom, waaronder Kim Jo-jong, oor te gee om sy werklas te verlig.

Kim Jo-jong saam met haar broer, Kim Jong-oen. Foto: AP

Kim Jong-oen sal egter steeds beheer oor die party, die regime en die weermag handhaaf, het Jeong bygevoeg.

Verskeie kenners meen Kim Jo-jong se groter rol in die politiek is deel van ’n publisiteitsveldtog deur Noord-Koreaanse staatsmedia om aan te dui dat sy vir iets voorberei word. Hulle is egter onwillig om te erken dat dit weens Kim Jong-oen se swak gesondheid is.

Kim Bjoeng-kie wat die NIS-inligtingsessie bygewoon het, het gesê hy is meegedeel dat Kim Jong-oen steeds die uiteindelike gesag in Noord-Korea is en dat hy “absolute mag” uitoefen.

Jeong is Maandag uitgevra oor wie moontlik vir Kim Jong-oen gaan opvolg, maar hy het gesê dit sal onvanpas wees om daaroor kommentaar te lewer. – CNN, Yonhap News Agency, Express, 9News.com

Meer oor:  Kim Jong-Oen  |  Noord-Korea  |  Leierskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.