Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kim Jong-oen se suster maan Amerika teen ‘stank’

Die invloedryke jonger suster van Kim Jong-oen, Noord-Koreaanse leier, het die VSA gewaarsku om nie ’n “stank te veroorsaak” nie.

Dit kom terwyl pres. Joe Biden van die VSA hom voorberei om sy beleid oor Noord-Korea uiteen te sit.

Kim Jo-jong het die VSA en Suid-Korea in opmerkings deur die staatsmedia gekritiseer vir hul gesamentlike militêre oefeninge in die gebied.

Haar opmerkings kom ’n dag voordat hoë Amerikaanse amptenare geskeduleer is om in Seoel, hoofstad van Suid-Korea, aan te kom.

Kim Jo-jong, suster van Noord-Korea se leier, Kim Jong-oen, toe sy in 2018 in Viëtnam was. Foto: AP

Die Amerikaanse regering sê hy probeer al weke lank om diplomatieke kontak met Noord-Korea te maak. Pjongjang moet nog erken dat Biden nou die president van Amerika is.

Die twee lande bly haaks met mekaar oor Noord-Korea se programme vir kernwapens en ballistiese missiele.

Kim Jo-jong is in die amptelike Rodong Sinmoen-koerant aangehaal waar sy gesê het: “ ’n Bietjie raad vir die nuwe administrasie van die VSA, wat sukkel om die reuk van buskruit van oor die oseaan op ons land te versprei: As hy die komende vier jaar rustig wil slaap, beter hy hom daarvan weerhou om met sy eerste tree ’n stank te veroorsaak.”

Sy het die land se teenkanting herhaal teen die gesamentlike weermagoefeninge, wat Noord-Korea beskryf as voorbereidings vir ’n inval, en gesê: “Die regering van Suid-Korea het weereens die ‘Mars van Oorlog’, die ‘Mars van Krisis’ gekies.”

Antony Blinken, Amerikaanse minister van buitelandse sake, en Lloyd Austin, minister van verdediging, reis vandeesweek na Asië vir samesprekings oor buitelandse beleid en veiligheid met onder meer hul bondgenote Japan en Suid-Korea.

Die tydsberekening van Kim se opmerkings blyk te wees om te verseker dat Noord-Korea aan die toppunt van Blinken en Austin se agenda is wanneer hulle in Seoel aanland, glo Ramon Pacheco Pardo, ’n kundige oor die Koreas aan die King’s College London.

France24 berig Kim Jo-jong is ’n vertroueling van haar broer. Sy was ’n kernfiguur toe inter-Koreaanse spanning verlede jaar toegeneem en daartoe gelei het dat Noord-Korea ’n skakelkantoor met Suid-Korea aan sy kant van die grens opgeblaas het.

Die VSA het sowat 28 500 troepe in Suid-Korea om die land teen sy buurland te verdedig. Die twee lande het verlede week begin met gesamentlike weermagoefeninge wat rekenaargesimuleer is. BBC, ABC, France 24

Meer oor:  Kim Jong-Oen  |  Noord-Korea  |  Suster  |  Waarsku
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.