Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kim se gesant glo in VSA vir 2de beraad met Trump

Die sogenaamde regterhand van Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea, het in Washington D.C. aangekom om vermoedelik planne vir ’n tweede beraad tussen die twee lande te finaliseer, berig The Guardian.

Anders as sy vorige beoogde besoek, wat skielik in November gekanselleer is, is hierdie Amerikaanse besoek van Kim Jong-tsjol, een van Noord-Korea se top-onderhandelaars, nie wyd verkondig voordat hy Donderdag van Beijing in die VSA aangekom het nie.

Mike Pompeo, minister van buitelandse sake, sal hom na verwagting Vrydagoggend in Washington verwelkom voordat hulle saam na die Withuis vertrek.

Aljazeera berig dat nóg Amerika, nóg Noord-Korea enige vergaderings aangekondig het, maar Vrydag se vergadering sal na verwagting die grondslag vir ’n beoogde tweede beraad tussen die twee lande se leiers lê.

Pres. Donald Trump praat reeds ’n geruime tyd van ’n opvolgvergadering wat hy vroeg vanjaar wil belê nadat hy en Kim verlede jaar in Singapoer samesprekings gevoer het.

Kim het toe onderneem om sy land ten volle te laat ontwapen en hy het dit in sy Nuwejaarstoespraak aan sy land se burgers bevestig, berig BBC.

Trump het op hul eerste vergadering beloof dat sanksies verslap sal word namate die verhouding tussen die lande verbeter. Kim het in sy Nuwejaarstoespraak gewaarsku dat indien dié belofte nie nagekom word nie, sal hy moontlik van plan verander.

Ondanks nog min tasbare vordering ná dié vergadering het bespiegelings toegeneem van ’n tweede vergadering wat in Viëtnam gehou sal word en word beweer dat Kim in Februarie vir ’n beplande, amptelike staatsbesoek na dié land sal reis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.