Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kim ‘stuur brief’ aan Cyril

Gerugte dat die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong-oen, dood is, is onwaar.

Dié afleiding word gemaak nadat die staatsbeheerde media in dié land ’n brief gepubliseer het wat Kim aan pres. Cyril Ramaphosa gestuur het om die staatshoof geluk te wens met Suid-Afrika se Vryheidsdag.

CNN, wat hieroor berig het, kon egter nie die brief veri­fieer nie.

Kim Jong-oen

Volgens die Noord-Koreaanse media is die brief 27 April gedateer.

Gerugte dat Kim dood is aan ’n hartkwaal het ná bespiegelings verlede week dat hy ’n operasie ondergaan het Sondag en Maandag die ronde gedoen.

Amptenare van Suid-Korea benadruk dat hulle geen buitengewone bedrywighede in Noord-Korea bespeur nie en waarsku teen berigte dat Kim siek is of weens die koronavirus geïsoleer­ word.

Kim Jeon-tsjoel, Suid-Korea se minister van eenwording (met Noord-Korea), wat verantwoordelik is vir skakeling met sy noordelike buurman, het Sondag op ’n geslote forum gesê sy regering het die intelligensievermoë om met vertroue te kan sê daar is geen aanduiding dat enigiets buitengewoons aan die gang is nie.

Gerugte en bespiegelings oor die Noord-Koreaanse leier se gesondheid het begin nadat hy op 15 April in gebreke gebly het om op een van die belangrikste vakansiedae in die land in die openbaar op te tree en hy is sedertdien nog nie weer in die openbaar gesien nie.

Die nuusmedia in Suid-Korea het verlede week berig dat Kim dalk kardiovaskulêre chirurgie ondergaan het of dat hy in isolasie is om hom teen besmetting met die koronavirus te beskerm.

Die minister van unifikasie betwyfel die berig dat Kim dalk geopereer is en voer aan die hospitaal wat in die berig genoem word, het nie die vermoë om sulke operasies uit te voer nie.

Tog het Joen Sang-hyoen, voorsitter van die buitelandse en eenwordingskomitee in Suid-Korea se nasionale vergadering, Maandag aan ’n saamtrek van kundiges gesê Kim se afwesigheid in die openbaar dui daarop “dat hy nie soos gewoonlik werk nie”.

“Daar was nog geen berig wat wys dat hy sedert 11 April beleidsbesluite geneem het nie, wat ons laat dink hy is óf siek óf hy word geïsoleer uit kommer oor die koronavirus,” het Joen bygevoeg.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Kim Jong-Oen  |  Noord-Korea  |  Brief  |  Vryheidsdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.