Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kinders kan ook genadedood in België kry

Die twee jongste mense nog, twee kinders van 11 en nege jaar oud, is genadedood in België gegun.

België het die wetgewing in Februarie 2014 verander sodat dit wat vir volwassenes geld, ook vir kinders geld.

Volgens die Belgiese raad vir pasiëntregte is genadedood deur ’n inspuiting met behulp van ’n dokter vir kinders wettig. Dit is in gevalle waar die kind in erge pyn verkeer en die ouers en kind albei toestemming gee. ’n Tweede dokter moet ook instem en hulle moet die siek kind goed genoeg ken om ’n behoorlike oordeel te kan vel.

Volgens die BBC moet daar deeglik met die kind gepraat word en daar moet geen vooruitsig wees dat die kind dalk beter kan word nie. Dit is slegs vir kinders wat erg ly.

Die eerste kind – ’n 17-jarige seun wat aan spierdistrofie gely het – is reeds in 2016 die genadedood gegun.

In Suid-Afrika beywer die organisasie Dignity SA hom ook daarvoor om geassisteerde selfdood wettig te laat verklaar.

Die genadedood van die ander twee kinders het ook reeds in 2016 en 2017 plaasgevind. Dit is bekend gemaak in ’n verslag van die kommissie wat daaroor toesig hou in België, berigThe Telegraph.

Van die duisende mense in België wat reeds dié opsie gekies het sedert dit in 2002 vir volwassenes wettig geword het, was die meeste kankerpasiënte.

Die negejarige het ’n breingewas gehad en die 11-jarige het aan sistiese fibrose gely.

Dié manier van sterf is net wettig in Nederland en België, terwyl geassisteerde selfdood in meer lande wettig is, soos in Duitsland en Switserland.

Volgens die vaktydskrif The Lancet is daar ’n verskil tussen genadedood en geassisteerde selfdood. Genadedood is wanneer ’n dokter ’n persoon se lewe beëindig deur byvoorbeeld ’n inspuiting toe te dien om die pasiënt se lyding te beëindig. Geassisteerde selfdood is om iemand anders te help om hul eie lewe te beëindig, ook weens lyding, maar die persoon doen dit self terwyl hy of sy nog kan.

In Suid-Afrika beywer die organisasie Dignity SA hom ook daarvoor om geassisteerde selfdood wettig te laat verklaar. Die eerste konsepwetgewing hieroor gaan volgens die organisasie ingedien word om aan mense die “reg te gee om met waardigheid te sterf indien hulle dit so sou verkies”. Dit sal ook aan mense die reg gee om ’n lewende testament op te stel sodat hulle self hul mediese behandeling kan staak en sodat hul familie en dokters nie namens hulle kan besluit nie.

Die konsepwetgewing gaan deur Cope in die parlement ter tafel gelê word, sê Dignity SA.

Meer oor:  België  |  Genadedood  |  Kinders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.