Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kinders weens masels in openbaar verbied

Kinders jonger as 18 jaar wat nie teen masels ingeënt is nie, mag sedert Dinsdag middernag plaaslike tyd in Rockland County, buite die Amerikaanse deelstaat New York, nie hul voet  in openbare plekke sit nie.

Rockland County, 'n distrik langs die Hudson-rivier, het 'n noodtoestand afgekondig en kinders wat nie ingeënt is nie verbied om in openbare areas te kom nadat 153 kinders met masels gediagnoseer is, berig die BBC.

Mense wat dié reël oortree, kan met $500 beboet word of selfs vir tot ses maande tronk toe gestuur word.

CBS New York berig dat kinders wat nie ingeënt is nie, vir 30 dae uit publieke plekke moet bly, wat plekke soos winkelsentrums, besighede, restaurante, skole en plekke van aanbidding insluit.

Dit blyk dat masels reeds in Oktober in Amerika, onder meer Washington, Kalifornië en Texas, uitgebreek het nadat dit in 2000 geëlimineer is, berig CNN.

Meer oor:  Amerika  |  New York  |  Publiek  |  Siek  |  Masels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.