Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kinder-verkragter tereggestel ná laaste hamburger

’n Hamburger, uieringe en ’n Pepsi was ’n veroordeelde kinderverkragting se laaste maaltyd voordat hy met dodelike middels ingespuit is.

William Ray Irick (59) is die eerste gevangene in byna ’n dekade wat in die Amerikaanse deelstaat Tennessee tereggestel is.

Die inspuiting het bestaan uit die kalmeermiddel midasolam, ’n spierverslapper vekuroniumbromied en saamgestelde kaliumchloried wat die hart laat gaan staan.

Billy Ray Irick. Foto: Reuters

Irick het in 1985 die kind wat hy opgepas het terwyl haar ma by die werk was verkrag, gesodomiseer en verwurg.

Irick het gereeld na Paula Kay Dyer (7) wat saam met haar ma, Kathy Jeffers, en vier broers en susters in Knoxville, Tennessee, gewoon het, omgesien as Jeffers in die aand moes werk.

Irick en Kathy se man, Kenny Jeffers, was vriende en hy het soms selfs by die Jeffers gewoon. Op Maandag 15 April het Irick en Kathy ’n woordewisseling gehad en sy het hom uitgeskop. Omdat ’n ander kinderoppasser nie beskikbaar was nie, moes Irick egter noodgedwonge na die kinders kyk.

Kathy sou later sê die kinders het geslaap toe sy 22:00 werk toe is en dat sy nie gemaklik daarmee was om Irick by hulle te los nie.

Irick, wat in ’n stadium in ’n weeshuis vir kinders met emosionele probleme geplaas is, het Jeffers later die nag gebel om te gesê hy kry nie vir Paula wakker nie. Kenny het huis toe gegaan en die kind in ’n plas bloed gekry. Hy het met haar hospitaal toe gejaag, waar dokters nie daarin kon slaag om haar by te bring nie.

Die oorsaak van haar dood was verwurging en die nadoodse ondersoek het bevestig dat sy verkrag en gesodomiseer is.

Irick het aan die polisie erken dat hy dit gedoen het en hy is op 1 November 1986 skuldig bevind. Hy is ’n maand later ter dood veroordeel en sou reeds in Mei die volgende jaar in die elektriese stoel tereggestel word.

Sy regsverteenwoordigers het in die dekades wat verloop het talle kere probeer om teen die vonnis te appelleer, berig Daily Mail.

Die laaste keer was in Julie vanjaar, terwyl daar ’n ander hofsaak hangend was wat die wettigheid van die gebruik van die spesifieke dodelike middels tydens teregstellings bevraagteken het.

Die vraag is gevra of midasolam sterk genoeg is om iemand hul bewussyn te laat verloor sodat hulle pynloos tereggestel word. Luidens getuienis voor die hof was daar al gevangenes wat beweeg het, na hul asems gesnak het en selfs gehuil het terwyl die middels toegedien is.

Die hof het egter die aansoek van die hand gewys en Irick se teregstelling het voortgegaan.

Hy het die laaste dae van sy lewe in die sogenaamde death watch-sel deurgebring wat uitkyk op die vertrek waar hy tereggestel sou word.

Om 19:26 het sy teregstelling begin, nadat hy sy laaste woorde geuiter het: “Ek wil net sê ek is regtig jammer.” Teen 19:34 het hy gehoes en geproes en diep asem gehaal. Toe het hy ’n geluid gemaak wat soos ’n hoes en verstikking klink en toe het hy pers geword, berig The Independent. – Reuters 





MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.