Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kitsvloede eis 58 in Indonesië
Mense kyk Sondag na beskadigde huise ná die stortreën en kitsvloede die gebied getref het. Foto: Reuters

Minstens 58 mense is dood toe stortreën uitgesak en kitsvloede en modderstortings in die ooste van Indonesië meegebring het.

Tot 4 000 mense is dakloos gelaat en dosyne is beseer, het owerhede Sondag gesê.

Slagoffers van die modderstorting word weggeneem. Foto: AP

Grootskaalse soektogte is begin nadat die reën laat Saterdagaand in die Papua-provinsie uitgesak het. In die dorpie Sentani word verwag nóg mense sal sterf, het Sutopo Purwo Nugroho, woordvoerder van die land se rampagentskap, Sondag gesê.

Grondverskuiwings het die nabygeleë stad Jayapura getref. ’n Baba van vyf maande is onder die puin uitgehaal deur lede van die weermag nadat sy ouerhuis ineengestort het.

Nog mense word gered en talle gebiede kon nog nie bereik word nie.

Nog ’n slagoffer word weggeneem deur reddingswerkers. Foto: AP

Sowat 4 150 mense word tans in reddingskampe gehuisves.

Honderde huise, drie brûe en selfs ’n vliegtuig wat by die lughawe geparkeer was, is beskadig.

Rampbestuur het voorheen plaaslike regerings gewaarsku oor kitsvloede nadat ontbossing in die bergagtige dele begin is.

Motors is toe onder die modder. Foto: Reuters

Meer oor:  Indonesië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.