Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kla IS-vegters aan of laat hulle vry, sê VN

Die Verenigde Nasies (VN) sê die tienduisende vegters van die Islamitiese Staat (IS) en hul families wat in Irak en Sirië aangehou word, moet aangekla of vrygelaat word.

Michelle Bachelet, die VN se hoë kommissaris vir menseregte, het ’n beroep op lande gedoen om hul burgers terug te vat wat nie aangekla word nie.

Sy het Maandag in haar toespraak op die eerste dag van die 41ste sitting van die Menseregteraad in Genève gesê sowat 55 000 mense, onder wie duisende uitlanders, word in vlugtelingkampe aangehou. 

 Michelle Bachelet
Michelle Bachelet, die VN se hoë kommissaris vir menseregte op 'n nuuskonferensie in Mexiko in April vanjaar. Foto: Reuters

Sommige lande weier ook om die kinders van IS-lede wat in Sirië en Irak gebore is te aanvaar as burgers, ongeag hul ouers se nasionaliteit. Daar is sowat 29 000 van hulle.

“Lande moet dieselfde toegang tot nasionaliteit gee aan kinders van hul burgers wat in konflik-sones gebore word as elders.

“Om die kinders, wat al reeds so baie gely het, staatloos te laat is ’n daad van onverantwoordelike wreedheid,” het sy gesê.

Die VN sê daar is sowat 50 nasionaliteite in die al-Hol-kamp in Noordoos-Sirië.

Die mense wat vervolg gaan word, is reeds uit die kampe gehaal.

islamitiese staat
Vroue stap deur die al-Hol-kamp in Noordoos-Sirië. Foto: Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.