Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Klimaatbetoger vir Nobel-prys benoem

’n Skoolmeisie wat elke Vrydag op haar eie voor die Sweedse parlement vir die natuur betoog en daardeur ’n wêreldwye beweging geïnspireer het, waarin duisende jeugdiges reeds betoog het en nog honderde betogings in nog 105 land verwag word, is genomineer vir die Nobelprys vir Vrede.

Greta ThunbergFoto: Morris MacMatzen/Reuters

Greta Thunberg (16) het in Augustus verlede jaar met haar betogings begin.

Freddy André Øvstegård, ’n Noorweegse parlementslid, sê Thunberg is genomineer vir die vredesprys omdat daar meer oorloë, konflik en vlugtelinge gaan wees as klimaatsverandering nie gestuit word nie, berig The Guardian.

Angela Merkel, Duitse staatshoof, en die Ierse politikus Leo Varadkar, het Donderdag reeds haar benoeming gesteun, asook die burgemeesters van Parys, Milaan, Sydney, Austin, Philadelphia, Portland, Oslo, Barcelona en Montreal.

Anne Hidalgo, burgemeester van Parys, sê dit is inspirerend om jong mense se stemme te hoor wat eis dat daar optrede teen klimaatsverandering kom.

Kumi Naidoo, hoof van Amnestie Internasionaal, sê kinders is “môre se leiers”, maar as hulle tot môre wag, is daar dalk geen toekoms om te lei nie.

Meer oor:  Skoolmeisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.