Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Koebaai, Britte: Brexit oor laaste hekkie in parlement

Brittanje is nou ’n tree nader aan Brexit nadat die hoërhuis Woensdag wetgewing goedgekeur het om die Brexit-ooreenkoms te bekragtig.

Die parlement het die wetsontwerp vir die onttrekkingsooreenkoms goedgekeur, wat beteken Brittanje verlaat die Europese Unie op 31 Januarie.

Hulle moes die EU aanvanklik reeds in Maart 2019 verlaat het, maar dit is telkemaal uitgestel weens ontevredenheid oor die voorwaardes van die skeidingsooreenkoms.

Die EU het aanvanklik ’n maand uitstel gegee, maar Theresa May, voormalige premier van Brittanje, moes daarna weer met die EU onderhandel nadat die Britse parlement nie haar Brexit-plan goedgekeur het nie. May het uiteindelik die knie gebuig en bedank.

Boris Johnson, May se opvolger, het self ’n bloutjie geloop toe hy ook nie die nuwe Brexit se sperdatum van 31 Oktober kon haal nie.

“Dit het soms gevoel asof ons nooit die Brexit-eindstreep gaan oorsteek nie, maar ons het dit gedoen,” sê Johnson in ’n verklaring.

’n Algemene verkiesing waarin Johnson se Konserwatiewe Party op 12 Desember 2019 skoonskip gemaak het, het die premier nuwe stukrag gegee.

Koningin Elizabeth moet haar goedkeuring gee voordat die wetsontwerp bekragtig word, wat moontlik reeds vandag kan gebeur. – Reuters


Meer oor:  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.