Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Koerant moet Geoffrey Rush ruim vergoed weens laster

’n Hof het News Corp in Australië gelas om die akteur Geoffrey Rush skadevergoeding van $850 000 in ’n lastersaak te betaal en nog miljoene sal waarskynlik bygevoeg word.

Die saak spruit uit berigte in die Daily Telegraph wat na Rush as ’n “pervert” en ’n “seksuele roofdier” verwys het na aanleiding van bewerings van onbehoorlike gedrag teenoor ’n medeakteur met die aanbieding van King Lear in die Sydney-teater gedurende 2015 en ’16.

Die akteur Geoffrey Rush. Foto: GETTY IMAGES

Die koerant se verweer dat dit die waarheid was, het misluk, berig The Guardian.

Regter Michael Wigney het gesê die klaer, Eryn Jean Norvill, was “geneig tot oordrywing” en was nie ’n geloofwaardige getuie nie.

Die getuienis van Neil Armfield, die regisseur van die produksie, en medeakteurs Robyn Nevin en Helen Buday, het ook nie dié van Norvill ondersteun nie.

Wigney het die beriggewing “onverantwoordelike, sensasionele joernalistiek van die ergste soort” genoem.

Rush kry die $850 000 net vir die skade aan sy reputasie. Die hof gaan nog ’n bedrag vasstel as vergoeding vir Rush se verlies aan inkomste. Daar word gespekuleer dat dit miljoene dollar sal beloop. Wigney het gesê hy oorweeg ook bykomende vergoeding vir verlies aan toekomstige inkomste.

Die poniekoerant, wat aan News Corp behoort, het in ’n berig met die opskrif “King Leer” en in verdere berigte geskryf Rush is deur ’n medespeler van onaanvaarbare gedrag, wat nooit uitgespel is nie, beskuldig, berig Reuters en EWN.

Rush (67) het al talle pryse gewen, onder meer ’n Oscar en ’n Golden Globe vir Shine. Hy het ook in die Pirates of the Caribbean-flieks gespeel.

Hy is in 2012 as die Australiër van die Jaar aangewys.

Rush het buite die hof gesê daar is geen wenners in die saak nie. “Dit het geweldige leed veroorsaak vir almal wat betrokke was.”

Hy het sy vrou en kinders bedank vir hul ondersteuning gedurende hierdie baie moeilike tyd.

Meer oor:  News Corp  |  Australië  |  Celebs  |  Hof  |  Laster  |  Skadevergoeding  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.