Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kommer oor Merkel neem toe op G20-beraad

Alle oë is wéér op die Duitse bondskanselier se gesondheid – dié keer by die G20-leiersberaad in Japan nadat sy vandeesweek onbeheers begin bewe het.

Angela Merkel tydens 'n gesprek met pres. Donald Trump by die G20-leiersberaad. Foto: Reuters

Hoewel geen bewerasie opgemerk is toe dr. Angela Merkel by die vliegtuig in Osaka uitgeklim het nie, het vrae oor haar gesondheid gou opgeduik op haar eerste bilaterale vergadering met pres. Donald Trump van Amerika, wat haar ’n “fantastiese vrou” genoem het.

“Kanselier, hoe voel jy?” het een verslaggewer geskree.

Merkel het nie daarop gereageer nie, maar reguit na die kameras gekyk.

Later, tydens ’n groepfoto van al die leiers wat die byeenkoms bywoon, het Merkel met haar vingers gestaan waar dit ’n driehoek vorm – soos sy gereeld doen – terwyl ander leiers se hande langs hulle gehang en na die kameras gewaai het.

Kommer oor Merkel se gesondheid het internasionale media aan die gons.

Donderdag is Angela Merkel gesien waar sy vir die tweede keer in twee weke gebewe het. Sy het was toe langs die Duitse pres. Frank-Walter Steinmeier in Berlyn by ’n inhuldigingseremonie. Foto: Reuters

Bild, die koerant met die hoogste verkoopsyfers in Duitsland, skets ’n prentjie van Merkel se stresvolle en besige werksprogram wat spesifiek na die tydsverskil in sones tussen Duitsland en Japan verwys.

Bild berig haar aankoms in Japan was 02:00 in die oggend in Duitse tyd en sy “het glo moeg gelyk”. Sy het op die nuuskonferensie gesê dit is ’n vol dag.

Ná die eerste twee werksessies by die beraad het Merkel die media vlugtig oor handel en die digitale ekonomie toegespreek. Vrae is nie toegelaat nie, maar Merkel het met verslaggewers wat op klein stoeltjies by tafeltjies moes sit gespot hulle “lyk soos ’n skoolklas”.

Sy het niks oor haar gesondheid gesê nie.

Angela Merkel kom op die Kansai- internasionale lughawe in Izoemisano in Osaka in Japan vir die G20-leiersberaad aan. Foto: AP

Op 18 Junie in Berlyn het Merkel vir vyf minute lank onbeheers gebewe tydens ’n seremonie met pres. Wolodimir Zelenski van die Oekraïene. Sy het toe gesê dit was omdat sy nie genoeg water gedrink het nie.

Maar Donderdag is Merkel vir die tweede keer opgemerk waar sy bewe en het toe haar hande vasgehou terwyl sy langs pres. Frank-Walter Steinmeier van Duitsland by ’n inhuldigingseremonie vir die nuwe minister van justisie gestaan het.

Haar woordvoerder het vroeër Donderdag se voorval toegeskryf daaraan dat sy onthou het van die vorige voorval. Sy is glo besig om dit sielkundig te verwerk.

Merkel se volgepakte program eindig nie in Japan nie, maar duur vir nog vyf dae voort.

Ná haar terugkeer van Osaka laat Saterdag sal sy Sondag na Brussel vlieg om weer te probeer om die morsige stryd oor topposte tussen EU-leiers op te los.

Bloomberg

Pres. Donald Trump toe hy en Merkel tydens die G20-leiersberaad vergader het. Foto: AP
Een van die groepfoto’s wat van die leiers geneem is wat die G20-leiersberaad bywoon. Merkel staan in die voorste ry, heel regs. Foto: Getty Images
Bild se voorblad.

Meer oor:  Angela Merkel  |  Duitsland  |  Japan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.