Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kommer oor uitslag van Thaise verkiesing

Waarskuwings dat die verkiesing in Thailand gemanipuleer is, neem toe twee weke ná die verkiesing in die land, die eerste sedert die weermag in 2014 ’n staatsgreep uitgevoer het. Die uitslag van die verkiesing van 24 Maart is ook steeds nie bekend nie.

Prayuth Chan-ocha, Thaise premier, stem op 24 Maart in Bangkok in die Thaise verkiesing. Foto: Reuters

Die militêre junta in beheer van die land het gesê dié verkiesing sal ’n terugkeer na die demokrasie wees.

Leiers in die demokratiese front van opposisiepartye sê hulle kom sedert die verkiesing onder toenemende druk van die polisie en die weermag.

Die verkiesingskommissie het ook aangedui dat ’n ingewikkelde formule gebruik sal word om die 150 setels in die laerhuis aan die opposisiepartye toe te wys.

Volgens kritici sal dié toewysing die alliansie van opposisiepartye se verteenwoordiging in die laerhuis verswak.

Die verkiesingskommissie sal ook nie enige van die provinsiale leiers vir die 150 setels tot 9 Mei aankondig nie. Die kommissie sê hy wil nog tyd hê om tussenverkiesings te reël, stemme oor te tel en enige kandidate wat die verkiesingswet oortree het, te diskwalifiseer.

Kritici is egter van mening die tydsverskil tussen die verkiesing en die bekendmaking van die uitlag gee aan die militêr-rojalistiese establishment tyd om die uitslag te manipuleer en kandidate van die Palang Pracharat-party te diskwalifiseer. Die hand van die leier van die militêre junta, Prayuth Chan-ocha, word ook só versterk. - Reuters.

Meer oor:  Prayuth Chan-Ocha  |  Thailand  |  Staatsgreep  |  Junta
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.