Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Konflik in Mosambiek ‘kan vooruitgang knou’
Prof. Theo Neethling Foto: Verskaf

In die afgelope paar maande het die konfliksituasie in die Mosambiekse provinsie Cabo Delgado handuit geruk, wat ’n bedreiging inhou vir die bedryf vir vloeibare natuurlike gas (LNG) wat dié land vorentoe sou neem.

Só sê prof. Theo Neethling, ’n politieke ontleder en militêre kenner verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, in reaksie op die jongste terreuraanvalle in die hawedorp Palma in dié provinsie waar ’n reuse-gasprojek met multinasionale energiemaatskappy onderweg is.

“Palma is veronderstel om die vervaardigerskern te wees waar honderde gespesialiseerde werkers sou woon.”

Die Cabo Delgado-provinsie, wat die noordelikste deel van die lang Mosambiekse kus insluit, is nou die tuiste van Afrika se drie grootste LNG-projekte.

“Hierdie projekte sluit baie van die wêreld se reuse- multinasionale energiemaatskappye asook massiewe beleggings in.”

Daar is volgens hom min twyfel dat die ontdekking van die ryk LNG-reserwes ’n potensiële ommeswaai vir Mosambiek se ekonomie en die land se ontwikkelingsagenda beteken.

“Dit hou heelwat geleenthede in vir die spoedige vooruitgang van ’n land wat tans onderaan die Verenigde Nasies se mensontwikkelingsindeks boer.”

Data van die Wêreldbank toon dat Mosambiek van die armste lande ter wêreld is.

Dit hou heelwat geleenthede in vir die spoedige vooruitgang van ’n land wat tans onderaan die Verenigde Nasies se mensontwikkelingsindeks boer.

Sedert 2011 is ryk LNG-reserwes langs die kus van Cabo Delgado in die Revuma-kom ontdek, sê Neethling.

“Met die ontdekking van reuse-gasvelde het baie ontleders begin vermoed dat Mosambiek die boerpot geslaan het. En onlangs is daar gesê dat Mosambiek teen die middel van die 2020’s een van die toptien LNG-vervaardigers wêreldwyd sal word.”

Die gasprojekte se waarde word geraam op $60 miljard, en dit kan volgens Neethling ’n revolusionêre invloed op Mosambiek se ekonomie van $15 miljard hê.

“Maar ondanks die miljarde rande se beleggings van reuse-energiemaatskappye sedert 2012, trek die mense van Cabo Delgado nog nie materiële voordele uit hierdie projekte nie.”

Een van die grootste risiko’s vir internasionale beleggers in die LNG-bedryf is volgens hom die bedreiging wat die militante Islamitiese rebellegroep Ansar al-Sunna, wat veral sedert 2017 aktief in die provinsie is, inhou.

Plaaslik bekend as Al-Shabaab, is die beweging se uitsluitlike doel om Islam in Mosambiek “suiwer te hou” deur die Sufi’s – wat die grootste deel van Moslems in Mosambiek uitmaak – te dwing om die sjaria-wet (Islamitiese wet) in Cabo Delgado te aanvaar.

“Sedert onafhanklikheid in 1994 sukkel die regering om sy gesag af te dwing om geweld hok te slaan en sy grondgebied en die lang kuslyn te beskerm.”

Sedertdien het die situasie vererger.

“Die toename in geweld en gewapende konflik sedert vroeg 2020 het vrae oor die toekoms van LNG-beleggings laat ontstaan wat die toekoms van die bedryf in gevaar stel.

“Natuurlik voel buitelandse maatskappy bedreig, veral in die huidige situasie waar finale beleggingsbesluite gemaak moet word.”

Sedert onafhanklikheid in 1994 sukkel die regering om sy gesag af te dwing om geweld hok te slaan en sy grondgebied en die lang kuslyn te beskerm.

Daar is min twyfel dat Islamitiese terreurgroepe daarin geslaag het om hul aktiwiteite in Cabo Delgado te verskerp. Die gebrek aan beheer en ’n behoorlike veiligheidsplan van die Mosambiekse regering en Suid-Afrikaanse leiers in reaksie daarop hou ’n groot politieke risiko in wat die suksesvolle ontsluiting van die land se hulpbronwelvaart in die gedrang kan bring, sê Neethling.

Meer oor:  Mosambiek  |  Konflik
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.