Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Konflik tussen VSA, Iran gevrees ná dood van drie in Afganistan

’n Brit en twee Amerikaners is dood in ’n aanval op ’n militêre basis in Afganistan waarin minstens 18 vuurpyle gebruik is.

Amptenare het gesê die dodetal in die aanval Woensdagoggend kan nog toeneem weens die aard van die beserings van talle van die oorlewendes.

Niemand het tot dusver verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie. Plaaslike amptenare is blykbaar skrikkerig om rebelle wat deur Iran ondersteun word, te blameer omdat dit kan lei tot verdere konflik tussen Iran en Amerika.

Mike Pompeo, Amerikaanse minister van buitelandse sake, het sy Britse eweknie, Dominic Raab, oor die voorval gekontak en volgens die Amerikaanse departement het “albei benadruk wie ook al vir die aanvalle verantwoordelik is, moet aanspreeklik gehou word”.

Die vorige skerp toename in spanning tussen Amerika en Iran was toe Amerika brig.genl. Kassem Soleimani van Iran in Januarie in Irak doodgemaak het. Vrese dat volskaalse konflik ophande kan wees, het die huis van verteenwoordigers genoop om eergister wetgewing goed te keur wat pres. Donald Trump se vermoë om oorlog teen Iran te voer, beperk. – Reuters

Meer oor:  Afganistan  |  Aanval  |  Konflik  |  Oorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.