Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Koningin Elizabeth nooi Trump vir staatsbesoek

Pres. Donald Trump van die VSA het koningin Elizabeth van Brittanje se uitnodiging vir ’n staatsbesoek in Junie aanvaar.

Koningin Elizabeth. Foto: AP
donald trump
Pres. Donald Trump. Foto: Reuters

Dié inligting is Dinsdag deur die koningin se woordvoerders in Buckingham-paleis bekend gemaak.

Trump en sy vrou, Melania, sal van 3 tot 5 Junie in Brittanje wees, berig Reuters.

Theresa May, premier van Brittanje, het belowe Trump sal genooi word nadat hy in 2016 tot president van Amerika verkies is.

Trump was in Julie 2018 in Brittanje vir ’n werksbesoek. Hy het toe die koningin in Windsor-kasteel ontmoet en samesprekings met May gevoer.

Meer besonderhede oor die komende besoek sal later bekend gemaak word, het die woordvoerder gesê.

Meer oor:  Koningin Elizabeth  |  Pres. Donald Trump  |  Brittanje  |  Vsa  |  Wêreld  |  Politiek  |  Staatsbesoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.