Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Koningin wys gesig, op ’n ou telefoon uit die 70’s!

Daar word nie verniet gesê dat ’n foto duisend woorde uitbeeld nie!

Dit is beslis ook die geval met die foto van koningin Elizabeth wat Woensdagaand laat uitgereik is.

Die boodskap van Buckingham-paleis was duidelik. Daar is geen rede tot paniek omdat prins Charles die koronavirus onder lede het nie. Die koningin is gesond.

Die foto is nie deur ’n professionele fotograaf geneem nie, maar deur ’n polisieman wat die koningin vermoedelik oppas. Die foto sou ook geneem gewees het voordat die premier en koningin oor ernstig sake begin gesels het, aangesien sulke gesprekke streng vertroulik is.

Wat die foto nog merkwaardiger maak, is dat dit in die koningin se private woonkwartiere in Windsor-kasteel geneem is. Sy gesels met die Britse premier, Boris Johnson, op ’n oud-modieuse telefoon uit die jare 70. Op die meubelstuk – vermoedelik ’n lessenaar – voor haar is beeldjies van die koningin se geliefde vierpotiges, corgi’s, en agter op die kaggelrak kan beelde van perde gesien word. As ’n mens fyn kyk, kan jy selfs skaafmerke aan die punt van die meubelstuk sien.

Koningin ElizabethFoto: Twitter/The Royal Family

Benewens regeringsdokumente en korrespondensie wat sy moet hanteer, is die koningin se weeklikse oudiënsie met Johnson maar net een van die talle take op die monarg se pligstaat. Al haar openbare afsprake is egter in die lig van die virus gekanselleer.

Ook Charles, wat volgens Clarence House net ligte simptome van die Covid-19-virus toon, werk steeds volstoom agter die skerms.

Die koningin het verlede week uit Londen na Windsor-kasteel vertrek, waar sy en prins Philip weens die koronavirus-pandemie in self-isolasie is. Die 98-jarige Philip is per helikopter vanaf Sandringham in Norfolk na Windsor gevlieg sodat hy hom by die koningin kon aansluit.

’n Klein spannetjie van agt kyk tans na die koningin en Philip, onder wie Angela Kelly, die koningin se klere-ontwerper, stilis en ook goeie vriendin. Die koningin se gunsteling-lyfkneg, Paul Whybrew, sien ook na haar om, het die Mailonline verlede week berig.

Volgens berigte het paleisamptenare aan die Britse media gesê die koningin sal binnekort op TV met Brittanje en die Statebond oor die koronavirus praat, maar dat die besluit wanneer sy dit sal doen by haar berus.

Luister ook na ons podsending!

COVID-19 het die koninklike familie getref, nadat prins Charles positief vir die virus getoets het. In die jongste aflewering van Netwerk24 se podsending, Koninklike Knieknik, vra Arlene Prinsloo: Wanneer gaan die koningin haar stilte oor dié dodelik pandemie breek?  

LUISTER: Wanneer gaan die koningin haar stilte oor Covid-19 verbreek?

Meer oor:  Boris Johnson  |  Koningin Elizabeth  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Coronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.