Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Konserwatiewe populis lei nou Brasilië
Ondersteuners van Jair Bolsonaro vier fees in Rio de Janeiro nadat hy die presidentsverkiesing in Brasilië gewen het. Foto: Getty Images

Brasilië se nuwe president, Jair Bolsonaro, die verregse voormalige vuurvreter-weermagkaptein, het die verkiesing oortuigend gewen en kiesers oorweldig met beloftes om endemiese politieke korrupsie uit te roei en ’n ongenaakbare stryd teen dwelmbendes te voer.

Bolsonaro, wat vroeg in sy wetgewende loopbaan verklaar het hy is “ten gunste van” diktatorskappe en geëis het dat die kongres ontbind, het Sondag ná sy oorwinning met ’n afskrif van die land se grondwet in sy hand gesê hy sal demokratiese beginsels handhaaf.

Hy word op 1 Januarie ingehuldig.

Bolsonaro het kritici oor die wêreld heen verontrus hoofsaaklik omdat hy beloof het om linkse politieke teenstanders uit die weg te vee, en weens sy geskiedenis van kleinerende aanmerkings oor gays, vroue en minderhede.

Sy sege bring Brasilië se weermag weer terug in die politieke kalklig nadat hy drie dekades in die weermag was ná dié land se diktatorskap. Verskeie afgetrede generaals sal as ministers en nabye raadgewers optree.

Jair Bolsonaro wat pas die presidentsverkiesing in Brasilië gewen het, toon sy vreugde. Foto: Reuters

“Julle is almal my getuies dat hierdie regering die grondwet, vryheid en God sal beskerm,” het Bolsonaro ná sy oorwinning in ’n Facebook Live-video gesê.

’n Uitgesproke bewonderaar, pres. Donald Trump van Amerika, het Bolsonaro gevra om Brasilië in pas te bring met vooruitstrewender lande deur die hersiening van diplomatieke voorkeure ná meer as anderhalf dekade van linkse oorheersing.

’n Bolsonaro-ondersteuner wys waar sy sentiment lê. Foto: AP

Trump het Bolsonaro gebel en hom gelukgewens met die veronderstelling van nouer politieke bande tussen die twee grootste ekonomieë in die Amerikas. Albei word nou gelei deur konserwatiewe populiste wat die omverwerping van die politieke establishment beloof.

Bolsonaro het volgens die verkiesingsowerheid 55,2% van die stemme op hom getrek teenoor die linkse Fernando Haddad van die Werkersparty se 44,8%.

Duisende Bolsonaro-ondersteuners het gejuig en vuurwerk buite sy huis in Rio de Janeiro se Barra de Tijuca-woonbuurt geskiet nadat hy as oorwinnaar aangekondig is.

Ook beleggers het sy opgang verwelkom met die hoop dat hy fiskale hervormings wat ortodokse ekonomiese kenners voorstel, sal toepas. – Reuters

Meer oor:  Jair Bolsonaro  |  Brasilië  |  Populisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.