Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Konsternasie toe water vries, robbe nou gestrand

Dosyne robbe is gestrand in ’n Kanadese dorp nadat water oornag gevries en hulle nie na die oseaan terug kon keer nie.

Die BBC berig twee van die diere in Roddickton-Bide Arm in Newfoundland het reeds gevrek nadat hulle deur ’n motor raakgery is. Daar is ook bekommernis dat die robbe van hongerte gaan vrek.

Die gestrande diere belemmer ook die verkeer en blokkeer ingange na huise.

Volgens die The Globe and Mail is dit teen Kanadese wetgewing om by seediere, soos robbe, in te meng.

Kenners meen die spoed waarteen die water gevries het, kon moontlik verwarring onder die robbe veroorsaak het wat daartoe aanleiding gegee het dat hulle na die binneland gevlug het pleks van na oop waters.

Foto’s op sosiale media beeld uit hoe die diere op paaie en in die sneeu gestrand is.

Meer oor:  Kanada
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.