Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Koreas praat weer volgende maand

Noord- en Suid-Korea het Maandag ooreengekom om ’n beraad in September te hou.

Dít is nog ’n stap om samewerking tussen die ou teëstanders aan te moedig, selfs te midde van twyfel oor pogings deur die Noorde om sy kernwapenprogram te beëindig.

Die Suid- en Noord-Koreaanse amptenare skud hand ná hul ontmoeting Maandag in Panmoendjom. Foto: Getty Images

Amptenare van albei kante ontmoet tans in die dorp Panmoendjom in ’n gedemilitariseerde gebied wat die twee Koreaanse lande van mekaar skei.

Die amptenare het ingestem dat ’n beraad in September tussen dié twee lande se leiers in Noord-Korea se hoofstad, Pjongjang, sal plaasvind. ’n Presiese datum is nog nie aangekondig nie.

Dit sal die derde vergadering vanjaar tussen Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea, en pres. Moon Jae-in van Suid-Korea wees.

Die twee leiers het vir die eerste keer in April in Panmoendjom ontmoet ná meer as ’n jaar van spanning en vrese vir oorlog weens die Noorde se ontwikkeling van kernwapens en ballistiese missiele.

Geen besonderhede oor die agenda vir volgende maand se besprekinge is tot dusver bekend gemaak nie. Die twee lande het egter al ’n reeks kwessies bespreek: van ’n moontlike vredesooreenkoms tot gesamentlike ekonomiese en infrastruktuurprojekte. – Reuters

Meer oor:  Suid-Korea  |  Noord-Korea  |  Beraad  |  Samesprekings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.