Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kruisboog-moorde: Hy was glo leier van sekskultus

Die man wat in Beiere, Duitsland, dood gevind is met vyf pyle deur sy liggaam, waarvan een deur die hart, was glo die leier van ’n kultusgroep wat aan Middeleeuse folklore toegwyd was.

Die lyk van Torsten Weiss (53) en twee vroue, asook drie kruisboë is in ’n hotelkamer in Passau gevind.

Weiss het die vroue waarskynlik soos ’n onderdrukkende sekteleier met brute krag en sielkundige manipulasie beheer, berig die plaaslike media volgens die BBC.

Die vroue wat saam met hom in die hotelkamer dood is, is as Farina Caspari (30) en Kerstin Enders (33) geïdentifiseer.

Die polisie ondersoek ’n saak van “moord op versoek en selfdood”. Hulle dink Caspari het eers die ander twee geskiet en toe haarself.

Die hotel waar drie van die lyke gekry is.

Die twee testamente in die vertrek was dié van Weiss en Enders, sê die polisie.

Later is nog twee vroue se lyke in Caspari se woonstel in die dorp Wittingen gevind. Hulle is Gertrud C. (35), ’n laerskoolonderwyseres wat in ’n verhouding met Caspari was, en ’n 19-jarige vrou wie se naam nog nie bekend gemaak is nie.

Hulle het vermoedelik aan ’n seksring met die fokus op die Middeleeue behoort en as kultusleier was Weiss glo in verhouding met verskeie vroue. Hy het ’n winkel besit wat wapens in die styl van die Middeleeue en vlae van die Tempelridders, 'n geestelike Middeleeuse ridderorde tydens die kruistogte, verkoop het. Hy het ook lesse in swaardgeveg aangebied.

In die winkel is ’n “bisarre” mannekyn met kousbande gevind, wat met toue en kettings vasgebind was en met bloedrooi verf besmeer was, berig The Local.

Dit lyk asof Caspari, wat ’n verkoopsbestuurder in ’n bakkery was, Weiss en Enders leer ken het deur ’n tipe Middeleeuse lanssteekspel wat Weiss se winkel in Hachenburg in die Rynland-provinsie gereël het. Hulle het glo van ’n toernooi in Oostenryk teruggekom toe hulle in Passau sou oornag, berig Fox News.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.