Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kuberkrakers speel porno oor winkel se TV-skerms

Verbygangers voor ’n sportwinkel in Auckland, Nieu-Seeland, het Sondagoggend verstom gestaan toe ’n pornografiese video op die winkel se televisieskerms begin speel het, berig The NZ Herald.

Die vooraansig van die Asics-winkel in Auckland. Die advertensiebord bo die ingang is deur kuberkrakers aangeval en ’n pornografiese video het twee uur lank hier gewys.

Kuberkrakers het reeds die oggend voor 08:00 toegang tot die bekende kettingwinkel Asics se advertensieskerms gekry, waarna hulle die pornografiese video vertoon het.

Niksvermoedende personeel is egter gou deur verbygangers ingelig oor die video en moes spartel om die skerms af te sit om hulself van verdere verleentheid te spaar. Die video het egter toe reeds twee uur lank op die skerms gespeel.

’n Woordvoerder vir Asics het volgens die Daily Mail bevestig dat kuberkrakers toegang tot die televisieskerm verkry het wat bo die winkel se ingang staan. In die e-pos vra hy ook om verskoning aan diegene wat die beeldmateriaal gesien het.

“Ons ondersoek tans die situasie en werk daaraan om planne in plek te kry om te verseker dat so iets nie weer in die toekoms sal gebeur nie,” sê die woordvoerder.

Tanya Lee, ’n ooggetuie, was volgens The NZ Herald saam met haar sewejarige seun op pad om ontbyt te gaan eet, toe sy die video gewaar.

“Ek moes weer kyk, want ek kon nie glo wat ek sien nie,” sê Lee.

“Dit is heeltemal onvanpas en aanstootlik – dis iets waaraan jy nie jou kinders wil blootstel nie en dit is ook ’n verleentheid vir Auckland as toeristebestemming.”

Reuters berig dat die plaaslike polisieowerhede nog geen klag in verband met die voorval ontvang het nie.

Meer oor:  Auckland  |  Nieu-Seeland  |  Kuberaanval  |  Wêreld  |  Kuberkrakers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.