Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: 1ste video van Thai-seuns ná redding

Die wêreld kan uiteindelik sien hoe lyk die seuns wat uit ’n grot in Thailand gered is.

Hulle waai vir die kamera waar hulle in hul hospitaalbeddens sit in die eerste video van die seuns sedert hulle gered is.

Dit is Woensdag bekend gestel.

Al 12 seuns is veilig in hul hospitaalbeddens, al lyk hulle maer, en is amper gereed om met hul gesinne herenig te word.

Hulle is vir nou nog in kwarantyn, met ’n glaspaneel tussen hulle en die buitewêreld want dokters meen hulle kon infeksies in die grot gekry het.

Sommige van hulle het reeds longinfeksies.

Hulle was vir nege dae in die stikdonker saam met hul afrigter voordat hulle uiteindelik gekry is.

Daarna het die reddingsoperasie begin, wat Dinsdag geëindig het.

Die Thaise spesiale magte het ’n video bekend gestel van presies hoe die operasie uitgevoer is, wat behels het dat die seuns eers verdoof is, aan ’n duiker vasgemaak is en deur die smal gange wat op plekke onder water is, geneem is.

Hulle sal na verwagting nog tien dae in die hospitaal deurbring. – Reuters

Meer oor:  Thailand  |  Grotredding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.