Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: 36 in arres in Hongkong ná geweld

Die Hongkong-polisie het Maandag 36 mense, insluitend ’n 12-jarige kind, in hegtenis geneem in die klimaks tot ’n gewelddadige naweek van betogings teen die regering.

Betogers het glo petrolbomme na die lede van die veiligheidsmagte gegooi, waarna dié magte met waterkanonne en traangas gereageer het.

Die Hongkong-betogings het 12 weke terug begin te midde ontevredenheid oor ’n voorgestelde wetsontwerp wat sou behels dat misdadigers in Hongkong aan China uitgelewer kan word.

Die wetsontwerp is intussen onttrek, maar die betoging het uitgebrei en daar is nou al eise vir ’n onafhanklike demokrasie in Hongkong en dat Carrie Lam, leier van Hongkong, moet bedank.

Sondag se skermutselings tussen die betogers en polisie is van die ergste sedert die betogings begin het.

Betogers het kat en muis met die polisie gespeel en vlugtig van een plek in die stad na die ander beweeg en paaie versper.

Die polisie het waterkanonne en traangas afgevuur, terwyl betogers met bakstene rondgehardloop het.

Ses polisielede het hul vuurwapens uitgehaal, terwyl een van die polisielede ’n waarskuwingskoot in die lug afgevuur het, het die polisie in ’n verklaring gesê.

Die regering het intussen gesê die betogings is nie net onwettig en gewelddadig nie, maar dit is ook besig om Hongkong tot die randjie van ’n baie gevaarlike situasie te stoot.

Restaurante en hotelle is halfleeg en talle groot gebeurtenisse is gekanselleer.

Die polisie sê hulle het 29 mans en sewe vroue in hegtenis geneem omdat hulle onwettig saamgedrom het, aanvalswapens in hul besit gehad het en omdat hulle polisielede aangeval het.

Die betogers beplan om verder in die komende dae en weke te betoog. Reuters

Die Hongkong-polisie hou ’n waarskuwingsteken in die lug. Foto: Reuters
Die polisie vuur traanrook af. Foto: Reuters
Petrolbomme word na die polisie geslinger. Foto: Reuters
Die naweek se betogings is van geweldadigste sedert die betogings 12 weke terug begin het. Foto: Reuters

Meer oor:  Betogings  |  Hongkong
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.