Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: 6 dood nadat sikloon Bulbul land tref

Ses mense is dood en meer as twee miljoen mense het die nag in stormskuilings deurgebring, nadat sikloon Bulbul die kus van Indië en Bangladesj teen sowat 120 km/h getref het, berig Telangana Today (hyperlink), ’n Indiese nuusblad.

Hawes en lughawens in albei lande is gesluit.

People cover plastic and protect rain as Cyclone B
Sikloon Bulbul net voor hy Indië en Bangladesj getref het. Foto: Getty

’n Man is dood toe ’n ontwortelde boom in Kolkata op hom geval het, terwyl ’n ander een dood is toe ’n muur naby die Odisha-staat in duie gestort het.

Nog vier mense is dood toe bome in Bangladesj op hulle geval het, het amptenare aan AFP gesê.

Volgens Reuters is een van die oorledenes ’n 60-jarige visserman wat geweier het om skuiling te soek. ’n Boom het hom binne sy huis dood geval.

’n 52-jarige vrou het wél skuiling gesoek en is dood toe sy Sondag terugkeer na haar huis en ’n boom op die huis val.

Daar was nie veel skade in die vlugtelingkampe suidoos van Bangladesj, waar honderdduisende vlugtelinge van Mianmar woon nie.

Meer as twee miljoen inwoners van Bangladesj se kusstreke is Saterdag in 5 558 skuilings gehuisves. Benewens die sterk wind is sommige kusgebiede oorstroom.

Ongeveer 1 200 mense is op die Saint Martin-eiland gestrand, het Enamur Rahman, junior minister vir rampbestuur en -verligting aan Reuters gesê. Almal sal gered word, het hy bevestig.

Mamata Banerjee, minister van Wes-Bengal, het in ’n twiet gesê sy het later vandag ’n vergadering in Kakdwip om die noodlenigingsmaatreëls te hersien.

Indië se Wes-Bengal- en Odisha-state kry sedert Saterdagoggend swaar reën en honderde bome is reeds ontwortel.

Die sikloon-seisoen in die Bengaalse baai kan van April tot Desember duur. In 1999 het ’n supersikloon vir 30 uur aan die kus van die Odisha-staat gewoed en 10 000 mense is dood. – saamgestel deur Jana Marx


Meer oor:  Indië  |  Bangladesj  |  Wêreld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.