Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: 70 m. stem reeds in Amerikaanse verkiesing

Met net minder as ’n week voor die Amerikaanse presidentsverkiesing, het meer as die helfte van die totale getal kiesers reeds vroeë stemme uitgebring.

Hoewel die amptelike verkiesingsdag 3 November is, het verskeie Amerikaanse deelstate vir die eerste keer toegelaat dat kiesers posstemme uitbring weens die koronaviruspandemie, berig The New York Times.

Om die verwagte skares op verkiesingsdag te vermy, het baie mense ook hul kruisies by stembusse getrek wat vroeg oopgemaak het.

Volgens die U.S. Elections Project het meer as 70 miljoen Amerikaners teen Dinsdag reeds gestem, wat beteken dit kan die grootste kieseropkoms in ’n eeu wees, berig Reuters.

Die rekordgetal vroeë kiesers benadruk die kiesers se vrees van enige blootstelling aan die virus, asook die grootskaalse belangstelling in die stryd tussen pres. Donald Trump en sy Demokraat-teenstander, Joe Biden, lui die Reuters-berig.

CNN berig dit blyk uit die vroeë stemme dat kiesers veel jonger as gewoonlik is.

Volgens peilings kan dié kiesers ’n voorsprong aan die Demokrate bied. Peilings dui egter ook daarop dat Trump moontlik op die verkiesingsdag ’n hupstoot kan kry, aangesien Republikeine grootliks aangedui het dat hulle verkies om op die dag hul stem uit te bring.

Volgens peilings het sowat die helfte van die vroeë stemme in die slagveldstate plaasgevind, wat deurslaggewend in die verkiesingstryd sal wees.

Hoewel die deelstaat Texas tradisioneel aan die Republikeine behoort, word daar verwag dat die Demokrate sterk na vore gaan kom weens die populasie daar wat meer en meer uit uiteenlopende rasse bestaan.

In sogenaamde swaaistate, soos Florida, het ewe veel Demokrate en Republikeine gedurende die vorige verkiesing hul vroeë stemme uitgebring, maar dui peilings daarop dat meer Demokrate (42%) hierdie slag vroeg gestem het.

Van die ander brandpunte, het die deelstaat Georgia tans die grootste getal swart kiesers wat vroeg gaan stem het.

In Nevada het die Republikeine se vroeë kiesers van 38% tot 34% gedaal in vergelyking met die vorige verkiesing.

Mense wag Dinsdag om hul stemme uit te bring in New Orleans. Foto: Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.