SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Greta seil oor oseaan vir klimaat

In haar veldtog teen klimaatsverandering het die 16-jarige Greta Thunberg van Swede Woensdag begin om die Atlantiese Oseaan in ’n seilskip oor te steek, pleks daarvan om op ’n vliegtuig te klim.

Op die vraag hoe sy dink ander mense tussen vastelande moet reis siende dat nie almal toegang tot ’n seiljag en bemanning het nie, het sy gesê sy sê nie vir enigiemand wat hulle moet doen of nie moet doen nie.

Swedish teenage climate activist Greta Thunberg ar
Greta Thunberg. Foto: REUTERS

“Ek is een van die baie, baie min mense in die wêreld wat dit op hierdie manier kan doen en ek dink ek moet die kans aangryp.

Sy sê haar stem is nie in die begin gehoor toe sy betoog het teen klimaatsverandering nie, en dit was eers nadat sy Vrydae betoog het in plaas daarvan om skool toe te gaan dat sy raakgesien is.

“Dit het my oortuig dat daar waarde is daarin om op kreatiewe maniere ’n veldtog te voer.”

Thunberg is op pad na New York waar sy aan ’n beraad van die Verenigde Nasies (VN) oor die klimaat gaan deelneem.

Sy vaar op die Malizia II, ’n 60 voet lange seiljag, wat ook toegerus is met sonpanele en elektriese turbines onder water wat verseker dat dit geen koolstof vrystel nie.

Die boot is spartaans ingerig met geen toilet of stort nie. Die kos is meestal gevriesdroog.

Thunberg het al voorheen gesê dit sal ’n mors van tyd wees om pres. Donald Trump, wat Amerika vroeër aan die Parys-ooreenkoms oor klimaatsverandering onttrek het, te ontmoet.

Gevra hoekom sy nie die kans sal gebruik om Trump en ander skeptici te probeer oortuig van die gevolge van klimaatsverandering nie, het sy geantwoord: “Ek is nie só spesiaal nie. Ek kan nie almal oortuig nie. Pleks daarvan om met my en ander kinders te praat wat nie skool toe gaan nie, moet hulle met wetenskaplikes en kenners in die veld praat.

“Daar is mense wat nie glo dat die klimaat verander nie en wat alles moontlik wil doen om die fokus van die klimaatkrisis na iets anders te skuif, of hulle wil hê mense moet die wetenskap bevraagteken. Ek bekommer my nie daaroor nie. Ek gaan net doen wat ek wil doen en wat ek dink die grootste invloed sal hê,” het Thunberg gesê.

Sy gaan vir ’n jaar uit die skool wees om in die Amerikas te reis, en sy weet nie wanneer sy weer tuis sal wees nie. – Reuters

Meer oor:  Greta Thunberg  |  Swede  |  Wêreld  |  Aktivis  |  Klimaatsverandering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.