Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: ‘All star’ Quaden kry sy dag as held ná boelie-video

Die hartverskeurende video van ’n negejarige skoolseun met dwergisme van Brisbane in Australië het die wêreld so aangegryp dat tot bekendes hom nou bystaan.

Hy het Saterdag die Indigenous All Stars op die veld gelei in hul rugbyligawedstryd teen Nieu-Seeland se Maori All Stars in Queensland.

Quaden Bayles se ma, Yarraka, het ’n video op Facebook gedeel van hoe haar seun in trane vertel hy wil liewer doodgaan as om so gespot en geboelie word.

Achondroplasie, ’n vorm van dwergisme, is drie dae ná sy geboorte by hom gediagnoseer.

Anchondroplasie is ’n genetiese toestand wat dwergisme veroorsaak en dit is ook die algemeenste vorm van dwergisme.

In die video huil hy en sê hy wil nie meer lewe nie: “Gee my ’n mes sodat ek myself kan doodmaak.”

Hy vra ook of iemand hom nie maar net kan kom doodmaak nie.

In die video vra Yarrake dat mense, ouers, opvoeders en onderwysers moet besef wat die impak van ’n geboelie is.

“Kan u asseblief u kinders opvoed? U gesinne en vriende? Dan wonder u hoekom kinders hulself om die lewe bring?”

In ’n onderhoud met die New Zealand Herald sê Yarraka sy voel hulpeloos as sy haar seun so sien.

“Hy sou nie die dag skool toe gegaan het nie, maar die hoof het gebel en laat weet dat die Brisbane Bullets na sy skool toe kom.

“Ek het hom later by die skool gaan haal en gesien dat hy en die kinders op die basketbalbaan saam met die Brisbane Bullets was. Terwyl hulle in rye gestaan het om te wag dat hul truitjies geteken word, het een van sy klasmaats vir Quaden op sy kop getik en na sy lengte verwys. Sy het hom op die kop getik soos ’n klein hondjie. ’n Mens kon sien dat hy baie ongemaklik was, maar hy was ook goed daarmee om dinge af te maak. Ek het hom gevra of hy oukei is, en hy het geantwoord dat ek asseblief nie ’n bohaai moet opskop nie.”

Baie bekendes, soos die Hollywood-ster Hugh Jackman, het hul steun vir die gesin uitgespreek en ’n hutsmerk, #IStandWithQuaden, is begin. Die ontwerper Josh Yasserie het ’n roerende illustrasie geskep van Quaden wat deur sy familie, die rugbyliga-sterre en die breër gemeenskap gedeel is.

quaden

Die Indigenous All Stars het toe ook ’n uitnodiging aan Quaden gerig om die span op die veld te lei vir Saterdag se wedstryd op die CBUS-stadion in Robina, Queensland.

GOLD COAST, AUSTRALIA - FEBRUARY 22: Quaden Bayles
Quaden Bayles Saterdag saam met Indigenous All-Stars op die veld. Foto: Getty Images

Hugh Jackman, ’n mede-Australiër, het ’n persoonlike boodskap aan Quaden gerig.

“Quaden, jy is sterker as wat jy dink en weet. En dit maak nie saak wat nie, ek sal altyd jou vriend wees,” het Jackman gesê.

Hy het ook gesê dat mense goedhartig teenoor mekaar moet wees en dat afknouery glad nie reg is nie. “Die lewe is moeilik genoeg en elke mens moet een of ander stryd oorkom.

Die Amerikaanse joernalis Megyn Kelly het ’n beroep op haar 2,5 miljoen volgelinge op Twitter gedoen om kinders op te voed oor die impak van boelies.

“Asseblief, hou asseblief op met die wreedheid,” het sy geskryf. “Vriendelikheid. Liefde. Vriendskap. Begrip. Wat maak nog saak? Asseblief, leer u kinders wat afknouery aan die slagoffers doen. Watter soort mense wil ons wees?”

megyn

Eric Trump, die seun van pres. Donald Trump van Amerika, het die video “absoluut hartverskeurend” genoem. Hy het bygevoeg: “God seën hierdie outjie. Quaden – ons is almal saam met jou! Bly sterk! #TeamQuaden”.

eric trump

Die komediant Brad Williams, wat ook aan dwergisme ly, het deur GoFundMe begin geld insamel om Quaden te bederf met ’n reis na Disneyland in Amerika.

Byna ’n halfmiljoen dollar is reeds ingesamel.

Meer oor:  Brisbane  |  Australië  |  Boelies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.