Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Almal het maskers op behalwe hý

Mike Pence, visepresident van Amerika, is in die spervuur nadat hy 'n hospitaal besoek het sonder dat hy 'n masker gedra het.

Sy optrede is strydig met die betrokke hospitaal se beleid dat almal op die perseel - ook besoekers - maskers moet dra.

Die Mayo Clinic in Rochester in die deelstaat Minnesota het behoorlik deurgeloop op Twitter omdat Pence daar toegelaat is sonder dat hy 'n masker dra.

Die hospitaal het aanvanklik op die woedende reaksie gereageer deur te twiet dat Pence in kennis gestel is oor die hospitaal se beleid, maar die twiet is later verwyder.

Toe die verslaggewers wat hom vergesel het aan hom vra hoekom hy nie 'n masker dra nie, was sy antwoord dat hy en die mense na aan hom gereeld vir die koronavirus getoets word.

"Aangesien ek nie die koronavirus onder lede het nie, het ek gedink dit sal 'n goeie geleentheid wees om hier te wees en om met hierdie navorsers, hierdie ongelooflike mediese werkers, te praat, hulle in die oë te kyk en dankie te sê."

Pence staan aan die hoof van die Withuis se taakspan om die koronavirus-pandemie te bestry.

Pres. Donald Trump is ook op rekord dat hy nie 'n masker gaan dra nie.

Toe Trump drie weke gelede aangekondig het die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC) se riglyne behels dat alle Amerikaners aangemoedig word om maskers in openbare plekke te dra, het hy gesê dis nie vir iemand in sy amp van pas nie. "Dis nie vir my nie." 

Mike Pence
Mike Pence, visepresident van Amerika, was Dinsdag by die Mayo Clinic in Rochester in die deelstaat Minnesota, waar Covid-19-pasiënte behandeling ontvang en navorsing oor die nuwe koronavirus gedoen word. In die voorgrond is Dennis Nelson, 'n pasiënt wat van die virus herstel het en wat by die hospitaal was om bloed te skenk vir gebruik in navorsing. Foto: Reuters
Meer oor:  Mike Pence  |  Amerika  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Masker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.