Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Ambassadeur ‘onthou’ meer oor Trump-oproep

’n Ambassadeur en fluitjieblaser se getuienis oor die Trump-administrasie se eise aan die Oekraïnse president stem nou ooreen nadat die senior diplomaat sy getuienis verander het.

Gordon Sondland, Amerika se ambassadeur vir die Europese Unie (EU). Foto: Reuters

Gordon Sondland, Amerika se ambassadeur vir die Europese Unie (EU), het sy verklaring oor Oekraïne, wat voor die huis van verteenwoordigers se oorsigkomitees oor intelligensie en buitelandse sake ingedien is, verander en sê hy onthou nou ’n gesprek wat hy met ’n beampte van Oekraïne gehad het.

Hy het glo aan die beampte gesê dat sy land nie $400 miljoen vir sekuriteitsdoeleindes sal kry indien Oekraïne nie voortgaan met pres. Donald Trump se vereistes nie.

Sondland het aanvanklik in Oktober getuig, maar sy getuienis Maandag verander nadat sy geheue “verfris” is.

Die parlementêre oorsigkomitees is reeds twee weke besig met ’n ondersoek na die moontlikheid dat Trump wetgewing oortree het toe hy na bewering druk op Oekraïne geplaas het om by volgende jaar se presidentsverkiesing in Amerika in te meng.

Sondland se nuwe getuienis stem nou ooreen met wat die fluitjieblaser oor Trump se oproep aan Oekraïne gesê het.

Pres. Donald Trump van Amerika.Foto: Reuters

’n Fluitjieblaser se getuienis oor Trump se oproep aan pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne het in September op die lappe gekom, waarin die fluitjieblaser onthul dat Trump eise aan Zelenski gemaak het.

Trump het glo vir Zelenski gevra om by die 2020- presidensiële verkiesing in te meng, terwyl hy ook aangedring het dat Oekraïne ’n ondersoek na Joe Biden, een van die Demokrate se voorste presidentskandidate en voormalige adjunkpresident van Amerika, se seun Hunter moet begin.

Sondland se nuwe getuienis stem ook ooreen met getuienisse van ander mense voor die huis van verteenwoordigers oor Trump wat aangedring het dat Oekraïne by die verkiesing moet inmeng.

Die Demokrate het ná die fluitjieblaser se onthulling gesê hulle gaan Trump in ’n staat van beskuldiging probeer plaas en het die ondersoek daarna aan die gang gesit.

Hulle het egter verlede week eers ’n amptelike stemmery in die huis van verteenwoordigers gedoen sodat hulle amptelik met die ondersoek kan begin, hoewel verskeie mense toe al voor hulle getuig het.

Die ondersoek om Trump in ’n staat van beskuldiging te plaas spruit uit ’n oproep wat Trump op 25 Julie aan Zelenski gemaak het.

Die Withuis het intussen gesê dat Sondland se getuienis die ondersoek ondermyn omdat hy kwansuis nie kan sê wie opdrag gegee het dat finansiële hulp van Oekraïne weerhou sal word nie.

Die Withuis hou vol dat Trump niks verkeerd gedoen het nie. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.