Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Argentinië het ’n nuwe president

Argentinië se Geregtigheidsparty is terug aan die bewind nadat die konserwatiewe president, Mauricio Macri, uit die kussings gelig is.

Die uitslae van die nasionale verkiesing is Maandag bekend gemaak en die land, wat hom in ’n ekonomiese krisis bevind, het ’n swaai na links gemaak.

Ondersteuners van Alberto Fernandez en oudpres. Cristina Fernandez de Kirchner vier hul oorwinning in Buenos Aires.Foto: Reuters

Toe meer as 90% van die stembriewe getel is, het Alberto Fernandez, aangewese president, reeds sowat 48% van die stemme op hom verenig, en Macri het 40% van die stemme gekry. Die stembus het Sondag om 18:00 gesluit.

Macri het saam met die land se oudpresident Cristina Fernandez de Kirchner, wat tot 2015 die staatshoof was, aan die verkiesing deelgeneem. Sy is nou die aangewese adjunkpresident.

Macri het Fernandez geluk gewens en ’n uitnodiging aan hom gerig om hom in die presidensiële paleis te besoek sodat ’n geordende oorgang beplan kan word. Dit is noodsaaklik vir Argentinië se wankelende ekonomie en markte.

Fernandez het op sy beurt gesê hy sal met Macri vergader en “op enige manier saamwerk wat ek kan”.

“Die tyd wat voorlê, gaan nie maklik wees nie,” het hy Maandag aan sy jubelende ondersteuners gesê.

“Maar natuurlik gaan ons met alles saamwerk sodat Argentyne se swaarkry eens en vir altyd end kry.”

Fernandez was tot hierdie jaar relatief onbekend buite Argentinië se politieke kringe. Nadat hy in Augustus se voorafverkiesing stof in Macri se oë geskop het, het ’n meningspeiling aangedui dat hy die verkiesing ver gaan wen. Die markte was egter steeds onseker ná die voorafverkiesing aangesien beleggers ’n skuif na linkse populisme gevrees het.

Die land verkeer reeds die grootste deel van die afgelope jaar in ’n resessie

“Ons is in ’n reusekrisis en almal moet saam verantwoordelik neem vir wat voorlê,” het Fernandez gesê toe hy Sondag sy stem in Buenos Aires uitgebring het.

Fernández gaan by Macri die onderhandelings met krediteure, wat die IMF insluit, oor die herstrukturering van die $100 miljard aan staatskuld oorneem. – Reuters

Alberto Fernandez vier die verkiesingsuitslae in Buenos Aires. Foto: Reuters

Meer oor:  Argentinië  |  Wêreld  |  Nuwe President  |  Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.