Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Australië 'kan nog vir maande brand'

Shane Fitzsimmons, kommissaris van die landelike brandweerdiens van Nieu-Suid-Wallis, Australië, het op 'n nuuskonferensie Woensdagoggend gesê dit kan maande neem om die 80 brande wat in die staat woed, heeltemal te blus.

"Baie dae, baie weke, en inderdaad baie maande as ons nie reën kry nie voordat ons die brande behoorlik onder beheer kan bring," het hy gesê.

Volgens Fitzsimmons is 1,1 miljoen hektaar aan die brand en die noordooste van Nieu-Suid-Wallis word die ergste geraak.

Reuters berig sowat 50 wonings is Dinsdag deur die brand vernietig.

Koeler toestande oornag het 'n bietjie verligting gebring, nadat die vlamme binne meters van huise in die groter Sydney-gebied gewoed het.

Geen sterftes is aangemeld nie.

Waarskuwingstelsels en ontruimingsplanne bly in plek en volgens amptenare het dit reeds gehelp om lewens te red te midde van die "grootste bedreiging in minstens 'n dekade".

Meer oor:  Australië-Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.