Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Betogings van Nairobi tot in Amsterdam

Mense betoog in verskeie lande uit simpatie met die betogers in Amerika. Dit bied ook ’n geleentheid om die kollig op rassisme in hul eie lande te skyn.

In Amsterdam is daarop gewys dat die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie in die 1600’s en 1700’s handel in sowat 500 000 slawe gedryf het. En in Londen is op plakkate ook na Engeland se koloniale verlede verwys. Dit het onder meer gelui: “Engeland is nie onskuldig nie.”

In Berlyn het sowat 2 000 mense voor die Amerikaanse ambassade betoog, terwyl twee sokkerspelers van die Bundesliga Maandag T-hemde met die woorde “Geregtigheid vir George Floyd” aangehad het.

Daar was ook ’n soortgelyke, maar kleiner betoging voor die Amerikaanse ambassade in Parys.

Die polisie in die noordelike deel van die Franse hoofstad het Dinsdag traanrook gebruik om betogers uiteen te jaag. Hulle het die geleentheid gebruik om teen die dood van Adama Traore, ’n jong swart Fransman, in 2016 in polisieaanhouding te betoog. Hy het onder soortgelyk omstandighede gesterf as dié wat verlede week die lewe van George Floyd geëis het.

Traore (24) se familie het gesê die oormatige gebruik van geweld toe hy in hegtenis geneem is, het sy dood veroorsaak. Drie polisiemanne het Traore vasgepen en teenstrydige bevindings oor sy dood is in patologie-verslae gemaak. Daar was geen uitsluitsel of sy dood twee uur later die gevolg van versmoring of ander faktore soos onderliggende siektes was nie.

Mense in Barcelona in Spanje hou plakkate omhoog in ’n betoging teen die dood van George Floyd. Nog betogings oor rassisme en polisiewreedheid word in die land verwag. Foto: Reuters

In Istanbul is vyf mense in hegtenis geneem nadat sowat 50 betogers oomblikke nadat hul protes sou begin met die polisie gebots het.

Betogers in Nairobi het voor die Amerikaanse ambassade byeengekom en gesê polisiegeweld vind ook in Kenia plaas.

george floyd, betogings
Mense neem in Amsterdam in Nederland aan ’n betoging deel. Foto: Reuters

Nafula Wafula. organiseerder van die betoging, het gesê geweld teen swart mense kom oor die wêreld heen voor, terwyl mense ook in polisie-aanhouding in Kenia gesterf het.

“Polisie-wreedheid in Kenia is gegrond op klas. In Amerika is dit ras én klas. ”

Nog betogings word in die komende dae in Engeland, Spanje, Portugal en Suid-Afrika beplan.

Die betogings in Portugal sal “die mite in die kollig plaas dat Portugal nie ’n rassistiese land is nie”.

Maar nie almal in Europa steun die betogers in die VSA nie. Spanje se verregse Vox-party en die Nederlandse Anti-Islam-vryheidsparty steun pres. Donald Trump en kryt die betogers as terroriste uit.

In Nederland het Geert Wilders van die Vryheidsparty getwiet: “Die Withuis word aangeval. Dit is geen betoging nie, maar anargie deur #AntifaTerroriste.” – Reuters

Meer oor:  George Floyd  |  Betogings  |  Rassisme  |  Blacklivesmatter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.