Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Biden maan Britte oor Brexit

Die Amerikaanse presidensiële kandidaat Joe Biden het die Verenigde Koninkryk (VK) gewaarsku dat hy die Noord-Ierse vredesooreenkoms moet respekteer as hy hom aan die Europese Unie (EU) onttrek of daar sal geen Amerikaanse handelsooreenkoms wees nie.

“Ons kan nie toelaat dat die Goeie Vrydag-ooreenkoms, wat vrede na Noord-Ierland gebring het, ’n ongeval van Brexit raak nie,” het Biden in ’n twiet gesê.

“Enige handelsooreenkoms tussen die VSA en die VK is afhanklik van respek vir die ooreenkoms en om die terugkeer na ’n harde grens te voorkom. Punt.”

Boris Johnson, Britse premier, het wetgewing onthul wat dele van die Brexit-skeidingsooreenkoms wat Noord-Ierland betref sal verbreek, en het die EU blameer dat hy in handelsgesprekke ’n rewolwer op die tafel plaas om die VK te probeer verdeel.

Joe BidenFoto: AP

Hy sê die VK moet die vermoë hê om dele te verbreek van die 2020-Brexit-ooreenkoms, wat hy onderteken het om Londen se verbintenis onder die 1998-vredesooreenkoms te handhaaf wat drie dekades van sektariese geweld in Noord-Ierland tussen die pro-Britse Protestantse unioniste en die Ierse Katolieke nasionaliste beëindig het.

Die EU sê enige verbreking van die Britse verdrag sal gesprekke kelder, die VK na ’n morsige uittog dryf wanneer dit die informele lidmaatskap aan die einde van die jaar verlaat en dus die grens tussen Noord-Ierland en die EU-lid Ierland kompliseer.

Die EU se Brexit-onderhandelaar het aan die blok se 27 nasionale gesante gesê hy hoop steeds dat ’n handelsooreenkoms met Brittanje moontlik is, en beklemtoon dat die komende dae beslissend sal wees, het drie diplomatieke bronne aan Reuters gesê.

“Michel Barnier glo steeds dat ’n ooreenkoms moontlik is, hoewel die volgende dae die sleutel is,” het een van die EU se diplomatieke bronne gesê.

Johnson het aan The Sun gesê die EU is baie “beledigend” teenoor Brittanje en stel vier dekades van vennootskap in gevaar.

“Hy het gesê die VK moet die Brexit-ooreenkoms ‘afkamp’ om waterdigte buffers in te stel wat sal keer dat vriende en vennote beledigende of ekstreme vertolkings van die bepalings maak,” het hy bygevoeg.

Ontleders van Societe Generale het Donderdag gesê daar is nou ’n 80%-kans dat Brittanje en die EU nie voor die einde van die jaar ’n ooreenkoms sal bereik nie.

Biden, wat oor die belangrikheid van die Ierse erfenis gepraat het, het ’n brief van Eliot Engel, voorsitter van die komitee vir buitelandse sake van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers, aan Johnson hertwiet waarin hy die Britse leier vra om die Goeie Vrydag-vredesooreenkoms te respekteer. Die brief is deur die verteenwoordigers Richard Neal, William Keating en Peter King onderteken.

Johnson gaan voort met sy plan. Sy regering het Woensdag ’n ooreenkoms bereik om ’n rebellie in sy eie party te verhoed, wat die parlement seggenskap gee oor die gebruik van post-Brexit-magte binne die voorgestelde wet op die binnelandse mark, wat internasionale wette verbreek.

Die Britse junior minister van gesondheid, Edward Argar, het Donderdag in reaksie op Biden se kritiek gesê hy glo nie die Noord-Ierse vredesooreenkoms van 1998 is in gevaar nie. – Reuters

Meer oor:  Joe Biden  |  Britte  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.