Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Biden vra verskoning vir sy bitsigheid

Pres. Joe Biden van Amerika het ’n CNN-joernalis verskoning gevra vir sy uitbarsting toe hy haar toegesnou het dat sy duidelik in die verkeerde beroep is as sy nie sy kommentaar verstaan nie.

Voordat hy Woensdag op Air Force One geklim het, het hy na die joernaliste gestap en verskoning gevra vir sy gedrag toe hy sy humeur vir die joernalis Kaitlan Collins verloor het.

Hy het gesê hy moes nooit so verwaand met sy laaste antwoord gewees het nie.

Biden se bitsige antwoord op die nuuskonferensie in Genève was nadat hy met pres. Wladimir Poetin van Rusland samesprekings gevoer het. Collins wou by hom weet hoe hy sy vergadering met Poetin as “konstruktief” kon beskryf.

Pres. Joe Biden van Amerika het sy humeur Woensdag vir ’n CNN-joernalis verloor. Foto: Reuters

Biden het reeds met haar eerste vraag oor of hy vol vertroue is dat Poetin sy gedrag ná hul samesprekings gaan verander, geïrriteerd met haar gelyk.

“Ek is nie vol vertroue dat hy sy gedrag sal verander nie,” het hy gesê.

“Waar de hel . . . wat doen jy heeltyd? Wanneer het ek gesê ek is vol vertroue? Wat ek gesê het . . . kom ons kry dít eers reg . . . ek het gesê hulle sal hul gedrag verander as die res van die wêreld ook teen hulle optree en hul aansien sodoende skade ly.”

Biden het toe gesê hy is nie vol vertroue oor enigiets nie, maar dat hy bloot ’n feit stel.

Collins was egter nie klaar nie, en het vir Biden gesê Poetin het enige betrokkenheid by die kuberaanvalle ontken en die skending van menseregte afgemaak.

Sy wou dus weet hoe hy hul samesprekings as konstruktief kon beskou.

“As jy dít nie verstaan nie, is jy in die verkeerde beroep,” het Biden gesê en van die verhoog af gestap.

Toe Biden later op die lughawe verskoning vir sy gedrag gevra het, het hy gesê joernaliste vra hom nooit positiewe vrae nie.

Meer oor:  Joe Biden  |  Verskoning  |  President
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.