Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Boris probeer glo op alle stoele gelyk sit

Boris Johnson, voorloperkandidaat in die Britse premiersverkiesing, is daarvan beskuldig dat hy verskillende beloftes oor ’n Brexit aan verskillende groeperings in die parlement gee en nie sy standpunte in TV-debatte of koerantonderhoude stel nie.

Rory Stewart, een van Johnson se teenstanders om die pos as premier, het gesê hy kyk alkante toe oor Brexit.

LONDON, ENGLAND - JUNE 17: Conservative leadership
Boris Johnson word afgeneem waar hy tuiste Maandag verlaat voor 'n vergadering. Foto: Dan Kitwood/Getty Images

“Op die een of ander manier het hy Matt Hancock oortuig dat hy saamstem met elke woord wat Matt sê en dat hy ten gunste van die sagste van sagte Brexits is; hy het Robert Buckland oortuig dat hy nooit sonder ’n ooreenkoms uit die EU sal gaan nie; en terselfdertyd sê Mark Francois luidkeels dat Boris hom in die oë gekyk en gesê het ons gaan uit die EU op die hardste manier sonder ’n ooreenkoms.”

Daar is ook berig dat Johnson gesê het hy sal probeer om Theresa May, die uittredende premier, se Brexit-ooreenkoms deeglik te herskryf en die streng spertyd van 31 Oktober nakom, maar in ’n private gesprek met vooraanstaande euroskeptici het hy glo gesê May se ooreenkoms is “dood”.

Een van die harde Brexit-individue het glo gesê hy wil nog sien hoe hy (Johnson) May se ooreenkoms “opskeur”.

Ook oor ander Britse politieke kwessies is mense nie seker waar hy staan nie. Daar is ’n groep lede van die parlement wat onder die indruk is dat Johnson ten gunste is van die beplande HS2-treinprojek, terwyl ander glo hy is daarteen. Die projek is ’n hoëspoedtreindiens tussen Londen en die westelike deel van Midde-Engeland.

Johnson slaag daarin om reguit vrae oor wat hy wil doen te omseil, hy wil nie deelneem aan ’n TV-debat nie en het tot dusver nog net een koerantonderhoud toegestaan.

Daar word verwag dat hy sy posisie in die eerste plek Dinsdagmiddag in die tweede ronde stemme sal behou met Jeremy Hunt en Michael Gove wat vermoedelik ook sal deurdring.

Nog ’n kandidaat wat dalk die afsnypunt van 33 stemme in die tweede ronde kan haal, is Stewart. Hy het geniet die ondersteuning van onder andere David Lidington, May se gewese adjunk.

Johnson het aan die begin van sy veldtog om die premierskap gesê die Britte wil hoor “wat ons regtig dink”.

Hy skilder homself as die een kandidaat wat “die land en ons gemeenskap” kan verenig.

Johnson is bekend om verskeie omstrede uitsprake soos dat Moslemvroue met burkas aan soos posbusse lyk.

Op vrae oor alles wat hy al kwytgeraak het, het hy geantwoord dat “daar soms ’n bietjie pleister van die plafon afgeval het oor ’n frase wat ek gebruik het, of omdat ’n frase buite konteks verdraai is.” Bronne: The Guardian, TWNews

Meer oor:  Boris Johnson  |  Brittanje  |  Brexit  |  Wêreld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.