Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Botswana trek kruisies

Botswana se regerende Botswana Democratic Party (BDP) sal Woensdag sy asem ophou wanneer kiesers hul kruisies by die stembus gaan trek, in wat wyd gesien word as een van die ernstigste uitdagings tot dié party se politieke bewind in meer as vyf dekades.

Botswana, die voorspoedigste en stabielste demokrasie in suidelike Afrika, handhaaf sedert onafhanklikheid van Brittanje in 1966 ’n groeikoers van 8%, maar steun hewig op sy handel in diamante hiervoor.

Duma Boko, leier van die opposisie Umbrella for Democratic Change, hoop egter om met die steun van voormalige president Ian Khama die huidige president Mokgweetsi Masisi van die BDP uit die kussings te lug.

“Ons bly vasberade en vol selfvertroue dat ons hierdie verkiesing gaan wen,” het Boko die week aan verslaggewers gesê.

Hy het egter gemaan dat die opposisie slegs die uitslae sal aanvaar indien die verkiesing “geloofwaardig” is.

Masisi steun op sy teenkorrupsierekord en verminderde burokrasie vir klein ondernemings, terwyl Khama homself by Boko geskaar het nadat hy en die president ’n uitval gehad het. Khama is die seun van Seretse Khama, Botswana se eerste president.

Botswana het ’n bevolking van 2,2 miljoen mense, waaruit 924 000 geregistreerde kiesers vir 57 lede van die Nasionale Vergadering en 490 verteenwoordigers op plaaslike regeringsvlak sal stem. Die party wat wen se kandidaat word daarna as president ingehuldig. Reuters

Botswana, verkiesing, Masisi
Mokgweetsi Masisi, president van Botswana en leier van die Botswana Democratic Party (BDP), kom Dinsdag op 'n politieke byeenkoms aan in die Thamaga-nedersetting, 40 km wes van die hoofstad, Gaborone, Foto: Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.