Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Brande, hittegolf bring noodtoestand in Kalifornië

’n Noodtoestand is Dinsdag weens grootskaalse brande in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië afgekondig.

Die goewerneur, Gavin Newsom, het die noodtoestand afgekondig midde-in ’n geskiedkundige hittegolf waaronder die deelstaat gebuk gaan en wat tot die brande bydra.

Brandbestryders blus op 13 Augustus een van die brande, die Lake-brand, in die berge by die Angeles National Forest noord van Los Angeles in Kalifornië. Foto: Reuters

“Ons ontplooi elke beskikbare hulpbron om gemeenskappe te beveilig terwyl Kalifornië brande oor die deelstaat heen bestry,” sê Newsom in ’n verklaring.

Die noodtoestand is afgekondig om te verseker dat meer hulpbronne beskikbaar is aangesien die nooddienste onder geweldige druk is.

“Die owerhede in Kalifornië werk nou saam om die uitdaging die hoof te bied en bly waaksaam terwyl die gevaarlike weersomstandighede heers.”

’n Brand woed op 14 Augustus in Azusa, Kalifornië. Foto: Reuters
Die nooddienste ry op 15 Augustus na veiligheid terwyl die Loyalton-brand langs die hoofweg in Chilcoot, Kalifornië, woed. Foto: Reuters
Rookwolke hang op 15 Augustus bo die Loyalton-brand in Lassen County. Foto: Reuters
Brandbestryders hou Dinsdag die groot Jones-brand dop. Foto: AP
Brandweermanne van Kalifornië begin Dinsdag by Highway 49 naby Grass Valley ’n teenbrand om die groot Jones-brand te stuit. Foto: AP
Kalifornië se goewerneur, Gavin Newsom, Dinsdag by Darrell Steinberg (agter), die burgemeester van Sacramento. Foto: AP

Grootskaalse kragonderbrekings kom ook die eerste keer in 19 jaar in die deelstaat voor.

’n Erge hittegolf woed tans in Kalifornië en Netwerk24 het vroeër berig oor Death Valley waar die hoogste temperatuur in die wêreld sedert 2017 Sondag aangeteken is toe die kwik tot 54,4 °C gestyg het.

Brande word tans in Sonoma, San Mateo, Napa, Butte, Nevada en Monterey bestry. Verskeie plekke is ontruim.

San Francisco-baai en sy bekende wynlande word ook erg geraak.

Verskeie van die brande het weens weerlig begin gedurende donderstorms wat deur die hittegolf veroorsaak is.

In een van die groepe brande, wat ’n SCU Lightning Complex genoem word, het reeds meer as 10 000 ha afgebrand.

The Guardian, Gov.ca.gov, ABCNews, CBSLocal


Meer oor:  Kalifornië  |  Amerika  |  Brande  |  Hittegolf  |  Noodtoestand  |  Wegholbrande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.