Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Brande in Australië kleur lug in Nieu-Seeland oranje

Gedeeltes van Nieu-Seeland is Sondagoggend met ’n rookkombers bedek en die lug in onder meer Auckland was helderoranje.

Die rook is weens die wegholveldbrande in Australië wat die afgelope paar maande woed.

Auckland is meer as 2 000 km van die suidoostelike gedeeltes van Australië waar minstens 24 mense en duisende diere reeds weens die brande dood is.

Zimena Dormer-Didovich van Auckland het aan Reuters gesê die rook is “onheilspellend en voel apokalipties”.

“Dis skokkend. Die rook is erg al is ons so ver weg. My 14-jarige se asma vererger en ek sukkel ook om asem te haal,” sê Dormer-Didovich.

Die veldbrande in Australië het in September begin. Meer as 1 500 huise en 5,25 miljoen ha is sedertdien vernietig.

– Reuters

Die oranje lug bo Auckland. Foto: Twitter@Zimenaj versprei deur Reuters
Die oranje wolke bo Auckland het Sondag daartoe gelei dat talle mense noodnommers geskakel het. Inwoners is later versoek om nie meer te bel nie. Foto: Twitter@Zimenaj versprei deur Reuters
Die lug bo Bethells-strand wes van Auckland. Foto: AP
Mense in Totarapark, Manukau, neem foto’s van die rookwolke wat Sondag vanaf Australië oor Auckland in Nieu-Seeland beweeg het. Foto: Getty Images
Meer oor:  Nieu-Seeland  |  Australië  |  Australië-Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.