Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Brexit-ooreenkoms kom dalk al in November

Brittanje en die Europese Unie (EU) onderteken dalk so gou as November die ooreenkoms wat Brittanje sal toelaat om die EU te verlaat (Brexit).

Volgens ingeligte bronne met wie die nuusagentskap Bloomberg gepraat het, beplan Brittanje en die EU ’n spesiale beraad in November, waarop die leiers van albei die partye formeel tot die ooreenkomste van hul “egskeiding” sal instem.

Theresa May, Britse premier, spreek na verwagting later Woensdag die Britse parlement oor die kwessie toe.

May sukkel ondanks ’n positiewer atmosfeer rondom die samesprekings met die EU die afgelope paar weke, steeds om haar eie party en ’n verdeelde Brittanje van haar Brexit-plan te oortuig.

Betogers wat teen Brexit gekant is waai Maandag vlae buite die Britse parlement in Londen. Foto: Reuters

Kritici wat hul mes in het vir May het Dinsdag ure daaraan bestee om met ’n plan vorendag te kom oor hoe om haar kop te laat rol.

Hulle meen haar plan verteenwoordig nie ’n skoon genoeg uittog uit die EU nie.

Ingeligtes sê nagenoeg 50 mense het die vergadering bygewoon, waar hulle openlik bespreek het hoe hulle van May ontslae gaan raak.

Michel Barnier, die EU se hoofonderhandelaar oor Brexit, sê die verwagting dat ’n ooreenkoms binne die volgende twee maande bereik kan word, is “realisties”.

The Guardian berig die pond se waarde het verhoog nadat Barnier Bled in Slowenië Maandag besoek het.

“Realisties gesproke wil ek binne die volgende ses tot agt weke ’n ooreenkoms bereik rakende die eerste fase van die onderhandelinge, die Brexit-verdrag,” het Barnier tydens sy besoek gesê.

Een van die grootste struikelblokke in die onderhandelings is hoe om doeane en ondersoeke deur die polisie op die grens tussen Noord-Ierland en die Ierse Republiek te vermy. Dié knelpunt is vir albei partye van groot belang, maar onderhandelinge hieroor is glo maande lank al op ’n dooiepunt.


Meer oor:  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.