Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Brexit op mespunt voor ‘Super Saterdag’-stemmery

Brittanje se uittrede uit die Europese Unie was Vrydag op ’n mespunt terwyl die Britse premier, Boris Johnson, geskarrel het om twyfelaars te oorreed om in ’n buitengewone stemming in die parlement sy ooreenkoms met die Europese Unie te steun.

Boris JohnsonFoto: Reuters

Johnson het Donderdag sy teenstanders verwar deur ’n nuwe en gewysigde Brexit-ooreenkoms met die Europese Unie (EU) te beklink, hoewel daar nog in die Europese en Britse parlement oor die plan gestem moet word.

Johnson moet Saterdag die ooreenkoms bekragtig kry in die Britse parlement – waar hy nie ’n meerderheid het nie en waar sy teenstanders die maksimum politieke skade beplan voor ’n naderende verkiesing.

Die vooruitskatting dui op ’n nabye wedloop met Johnson wat 318 stemme van 650 setels moet kry om ’n ooreenkoms goed te keur. Dog, sy Noord-Ierse bondgenote is gekant teen ’n ooreenkoms, en die drie grootste opposisiepartye het onderneem om daarteen te stem.

Johnson het Vrydag met LP’s van sy eie en ander partye gepraat om steun vir sy Brexit-ooreenkoms van Donderdag met die EU te probeer wen.

“Ons het ’n wonderlike nuwe ooreenkoms wat weer beheer teruggee – nou moet die parlement Saterdag Brexit afhandel,” het Johnson gesê voor die eerste sitting van die parlement op ’n Saterdag sedert die 1982-Argentynse inval op die Falkland-eilande.

As hy die stemming wen, sal Johnson in die geskiedenis bekend staan as die leier wat Brexit gelewer het, goed of sleg, en as hy verloor, sal hy die vernedering moet sluk dat Brexit ontrafel het terwyl hy herhaaldelik belowe het dat hy dit sal kan deurvoer.

10 Downing Street beskou die “Super Saterdag-stemming” as die laaste kans om Brexit af te handel deur dit goed te keur, of andersins die Verenigde Koninkryk bloot te stel aan ’n wanordelike uittrede uit die EU sonder enige ooreenkoms. Dit kan die Weste verdeel en geweld in Noord-Ierland laat opvlam.

Om die stemmery te wen, moet Johnson genoeg Brexit-ondersteunende rebelle in sy eie Konserwatiewe Party en in die opposisie- Arbeidersparty oorreed om sy ooreenkoms ta aanvaar. - Reuters

Meer oor:  Europese Unie (Eu)  |  Boris John­Son  |  Brittanje  |  Brexit  |  Stemmery  |  Wêreld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.