Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Britte na stembus

12:00: 

11:40:

britse verkiesing
'n Veiligheidswag in 'n woordewisseling met 'n vrou wat soos die Sesame Street-karakter Elmo aangetrek is. Die wag was saam met Jeremy Corbyn, leier van die Arbeidersparty, toe hy Donderdag in Londen gaan stem het. Foto: Reuters

9:00:

Vandag se algemene verkiesing in Brittanje baan die weg vir Brexit om deurgevoer te word – as Boris Johnson, premier en leier van die Konserwatiewe Party, wen.

As sake anders verloop, is daar nog ’n Brexit-referendum in die nabye toekoms, wat die besluit kan omkeer dat Brittanje die Europese Unie (EU) verlaat.

Stembusse het om 09:00 Suid-Afrikaanse tyd in Brittanje oopgemaak en die eerste uitslae word reeds van 01:00 Vrydagoggend af verwag. Al die stemme behoort teen 07:00 getel te wees.

Nadat Johnson nie die sperdatum van 31 Oktober kon haal om Brexit deur te voer nie, het hy die algemene verkiesing vir 12 Desember afgekondig om die “politieke verlamming” wat deur Brexit teweeg gebring is tot ’n einde te bring, wat ook vertroue in die ekonomie geknou het.

Johnson het aanvanklik bloedneus in die parlement oor dié voorstel gekry, maar die parlement het later ingestem om vir die eerste keer in byna 100 jaar ’n verkiesing oor die Kerstyd te hou.

Dié verkiesings volg nadat die Britte reeds in 2016 gestem het dat hulle die EU wil verlaat, maar gesukkel het om ’n ooreenkoms met die EU te bereik.

Johnson (55) was tydens die 2016-referendum die gesig van die Brexit-veldtog en sy slagspreuk vir vandag se verkiesing is “Get Brexit Done”. Hy het ook onderneem om meer aan gesondheid, onderwys en die polisie te bestee.

Jeremy Corbyn (70) van die Arbeidersparty is Johnson se grootste teenstander.

Hy het onderneem om sleuteldienste te nasionaliseer, meer belasting vir die rykes en nog ’n Brexit-referendum. Reuters

Meer oor:  Britse Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.