Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Chaos in Hongkong oor uitleweringswet

’n Chaos het Woensdag vroeg in Hongkong se finansiële distrik geheers toe duisende betogers paaie beset het uit protes teen ’n wetsontwerp, ingevolge waarvan verdagtes in strafregtelike sake aan China uitgelewer kan word.

Diegene wat die voorgestelde wet ondersteun, meen dit sal voorkom dat die stad ’n toevlugsoord vir misdadigers word.

Kritici meen egter dat as die wet goedgekeur word, sal die regering in Beijing dit inspan om politieke opponente uitgelewer te kry aan China, waar hul regte nie gewaarborg is nie, berig The Guardian.

Meer as halfmiljoen inwoners het reeds Sondag die strate oor die wetsontwerp ingevaar.

Woensdag het betogers opgeruk na die kantoor van Carrie Lam, Hongkong se uitvoerende leier, wat die wetsontwerp steun.

Duisende betogers het reeds vroeg Woensdagoggend weer in Hongkong teen die uitleweringswet betoog. Foto: Reuters
Onlustepolisie hou die betogers fyn dop. Foto: Reuters

Ondanks polisiewaarskuwings dat die betogers hul afstand moet hou, het talle die versperrings eenkant toe gedruk en die verkeer tot stilstand gedwing, berig Reuters.

Staatsamptenare wat in die gebied werk, is opdrag gegee om weg te bly.

Die BBC berig dat polisie in onlustedrag die betogers met pepersproei gespuit het en gewaarsku het dat hulle nie sal skroom om geweld teen die betogers te gebruik nie.

Lam het egter aangedui dat sy steeds van plan is om met die wetgewing voort te gaan. ’n Debat wat Woensdag daaroor in die parlement sou plaasvind, is egter intussen uitgestel, aldus The Guardian.

Meer oor:  Betogings  |  Hong Kong  |  China  |  Uitleweringswetgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.