Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: CNN-kantore weens bomdreigement ontruim

CNN se kantore en ateljees in New York is ontruim nadat daar 'n bomdreigement ontvang is, het die uitsaaier getwiet.

'n Brandalarm in die Time Warner-sentrum het omstreeks 22:30 plaaslike tyd afgegaan, waarna die kantoor ontruim is.

Don Lemon se program CNN Tonight is daar en dan van die lug afgehaal.

Dit is dieselfde CNN-gebou wat in Oktober ontruim is nadat 'n pypbom aan John Brennan, die voormalige direkteur van die Amerikaanse speurdiens, die CIA, gestuur is.

ABC het daarna getwiet geen ploftoestelle is deur die polisie gekry nie en personeel kon weer terug by die gebou ingaan.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

Meer oor:  Cnn  |  Amerika New York  |  Bom Bomdreigement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.