Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kyk: Die Terminator en die pous

Arnold Schwarzenegger, Hollywood-aksieheld en voormalige goewerneur van Kalifornië, het pous Franciskus Woensdag in die Vatikaanstad ontmoet.

Die Terminator-ster het die raadsaal van The New Celebrity Apprentice, waar gemoedere soms hoog kan loop, verruil vir die vreedsaamheid van die Vatikaanstad vir die pous se weeklikse algemene oudiënsie.

Schwarzenegger (69), wat sy vriendin, Heather Milligan, saamgevat het, het toegekyk hoe die pous sy voorlesings doen en die seën oor diegene teenwoordig, uitspreek.

Hy het ook die geleentheid gekry om die pous se blad te skud.

Die akteur en oudpolitikus het daarna getwiet dat dit ’n “reuse-eer” was en dat hy baie respek het vir die pous se werk om omgewingsbewustheid te skep.

“Ek sal graag saam met hom wil werk vir ’n groenenergie-toekoms,” het hy getwiet. – Reuters

Meer oor:  Arnold Schwarzenegger  |  Twitter  |  Kyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.