Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Dodelike tornado's tref Alabama, Georgia

Minstens 23 mense, waaronder kinders, is dood nadat tornado's Sondag groot vernietiging gesaai het in Lee County in die Amerikaanse deelstaat Alabama.

Luidens die nasionale weerdiens het minstens 12 tornado's dié deelstaat en die naburige Georgia getref, berig CNN.

Huise en groot geboue, wat 'n brandweerstasie en 'n klein lughawe insluit, is erg beskadig en bome is uit die grond geruk.

Jay Jones, polisiewoordvoerder, sê die dodetal sal na verwagting styg, aangesien reddingswerkers Maandagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) nog besig was om deur die puin te soek na slagoffers.

Bill Harris, lykskouer in Lee County, het dit bevestig.

"Ons het mense wat nog onder die puin begrawe is. Ons sal seker die hele nag hier wees."

Die plaaslike hospitaal, die East Alabama Medical Center, sê hulle behandel minstens 40 pasiënte, terwyl nog beseerdes by ander hospitale behandeling ontvang.

Die naburige deelstaat Georgia is ook deur erge storms geraak. Daar is 21 000 mense sonder elektrisiteit.

Pres. Donald Trump het 'n beroep op Twitter gedoen dat mense in die gebied hulself moet veilig hou. 

"Wees asseblief versigtig. Die tornado's en storms was regtig gewelddadig en daar kan meer kom. Aan die families en vriende van die slagoffers en beseerdes, mag God julle seën," het Trump getwiet. – Reuters

* Hierdie berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is.

Meer oor:  Alabama  |  Tornado  |  Amerika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.